Beatrice naby haar beste
Atletiek
Beatrice Masilingi se wentyd van 22.62 sekondes was Saterdag gewis die uitstaande individuele vertoning van Atletiek Namibië se vierde Grand Prix-byeenkoms vir die seisoen wat op Rietfontein in die Otjozondjupastreek gehou is.
Nadat die 18-jarige naelloper onlangs las van ’n dyspier gehad het, is haar afrigter Henk Botha baie tevrede dat sy hierdie fiksheidstoets met vlieënde vaandels geslaag het. “Dit was beslis die moeite werd. Beide Beatrice en Christine (Mboma, haar oefenmaat en mede-Olimpiese finalis verlede jaar) se tye is reeds beduidend beter as verlede jaar hierdie tyd.”
Masilingi se tyd oortref byvoorbeeld met gemak die 22.80-merk wat as kwalifisering vir die 2020 Olimpiese Spele gedien het.
Ander noemenswaardige wenners op Rietfontein was David Dam (Omaruru) in die 800 meter met 1:53.38, asook Mahmad Bock (Unam) in die mans 200 met 21.52 voor Even Tjiviju (21.57). Die Unam-span het 111 punte ingesamel teen Kakadhinwa se 67 punte. FOTO’s ARNOLD HUBER

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie