• Tuisblad
  • Sport
  • Beatrice oortref nie amptelik ’n wêreldrekord
Beatrice oortref nie amptelik u2019n wu00eareldrekord
Beatrice oortref nie amptelik u2019n wu00eareldrekord

Beatrice oortref nie amptelik ’n wêreldrekord

Atletiek
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Nadat Beatrice Masilingi verlede week vir die 2021 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, gekwalifiseer het, kan sy na dese ietwat rustiger slaap.

Sy sal vandag en môre by die nasionale 2020 MTC Jeugspele by Rietfontein saam met Christine Mbomba in aksie wees.

Die 17-jarige meisie met die goue voete van Grootfontein in die Noorde, het verlede week in Pretoria, Gauteng, nie net haar beste persoonlike tye in die 200 m en 400 m behaal nie, maar haarself by die Noord-Gauteng-atletiekbyeenkoms tussen die wêreld se room ingehardloop.

Sy het Woensdag by die BestMed Tuksstadion met 22.94 sekondes (200) en 50.44 s. (400) haar veldtog afgeskop. Saterdag by dieselfde venue het sy opnuut haar tye verbeter en die 200 in 22.71 en die 400 in 50.42 afgeblits.

Wat haar tyd nog meer besonders maak, is dat sy sonder behoorlike kompetisie van ’n ander atleet wat haar jaag, dié spogtye kon behaal. Die o.18-wêreldrekord vir die 400 m (51.19) staan sedert 15 Julie 2005 agter die naam van Nawal El Jack (Soedan). Masilingi het die rekord met 0.85 van 'n sekonde verpletter, maar dit moet eers deur die IAAF herken word.

Masilingi se tye moet ook nog deur Atletiek Namibië bevestig word. Indien haar merkwaardige prestasies herken word, sal die twee senior nasionale Namibiese rekords van beide items agter haar naam pronk. Sy het vanjaar reeds by meer as een geleentheid die ou senior 200 m rekord (23.34) van Globine Mayova en 400 m (51.24) van Tjipekapora Herunga aan flarde gehardloop. Die twee rekords is onderskeidelik in Maart 2013 en Mei 2012 in Pretoria deur Mayova en Herunga aangeteken.

Masilingi sê: “Ek is tevrede met my tye wat ek laasweek gehardloop het. Om elke keer ’n verbetering te sien as ek deelneem, is baie belangrik vir my. Ek werk ongelooflik hard om my vertonings te verbeter. Die hoofdoel van my deelname in Pretoria was om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer, en met die genade van God kon ek dit regkry.

“Baie dankie aan my afrigter, coach Henk, wat my altyd met ’n bulderende stem van die kant af aanmoedig om my beste te lewer as ek hardloop!”

’n Fenomeen soos Masilingi, kom net een keer in ’n leeftyd vir ’n land navore. Sy het vroeër vanjaar kort voor haar 17de verjaardag op Swakopmund met 52.19 s. in die 400 haar seisoen geopen. Die meeste mense sal sekerlik wonder hoe goed Masilingi werklik is?

Sy word in April 2021 eers agtien en moet as atleet nog baie groei en ontwikkel om haar volle potensiaal te bereik wanneer sy as senior haar merk wil maak.

Wel die meisie wat Saterdag maar net 17 jaar en 246 dae oud was, het in 2020 die nommer een posisie vir senior vroue op Wêreldatletiek haar eie gemaak. Eers het sy met 52.19 (400) aangeklop, en dit in Nairobi met 50.99 verseël. Saterdag het sy haar aanspraak as die wêreld se vinnigste vrou oor die 400 verder versterk. Die naaste spoedvraat aan haar is Henriette Jaeger (52.52) van Noorweë.

Danksy haar 22.71 die afgelope Saterdag, is sy in die 200 m vir senior vroue in die 14de posisie ná Shericka Jackson (22.70). As dit nie Masilingi se klas as tiener onderstreep nie, sal niks anders dit vermag nie. Die eerste plek behoort aan Shaunae Miller-Uibo (21.98) van die Bahamas.

Net 0.73 sekondes skei Masilingi van die topposisie en sy behoort dit volgende jaar in te haal.

Om die wonderkind van Grootfontein se prestasie in perspektief te stel, kan daar na die volgende statistieke gekyk word.

Die Suid-Afrikaanse senior rekord vir die 200 m staan agter die naam van Yvette de Klerk (22.06) en die 400 Caster Semenya (49.62). Die o.18-wêreldrekords: 200 m (22.43) Candace Hill (VSA) opgestel op 19 Julie 2015, 400 m (51.19) Nawal El Jack (Soedan) opgestel op 15 Julie 2005, o.20-wêrelrekord: 200 m (22.18) Allyson Felix (VSA) opgestel op 25 Augustus 2004 en 400 m (49.42) Grit Breuer (Duitsland) is op 27 Augustus 1991 opgestel.

Die Olimpiese kwalifiserende van die IAAF tyd vir vroue in die 200 is 22.80 s. en die 400 is ewe straf met 51.35 s.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!