Bedreigde aasvoëls kry nuwe tuiste op Oudtshoorn
Twee nuwe (bedreigde) inwoners het hul intrek op Oudtshoorn geneem.
Die twee – ’n swart- en ’n witrugaasvoël – onderskeidelik ’n bedreigde en kritiek bedreigde spesie, is na die Cango Wildlife Ranch en bewaringsentrum geneem nadat hulle in kragdrade vasgevlieg het.
Die twee wyfies deel hul blyplek met twee Kaapse aasvoëlwyfies wat al jare hier in die bewaringsentrum bly.
Die twee Kaapse aasvoëlmannetjies wat in die sentrum was, is verlede maand na VulPro, ’n rehabilitasiesentrum by Hartbeespoortdam in Noordwes, geneem.
“Die twee pas goed aan daar,” sê Mari-Lize Warrington, bemarkingsbestuurder van Cango.
Die kurator van die sentrum, Delano Mulder, het verlede maand, voor die mannetjies se vertrek, 48 uur lank saam met hulle in hul kamp deurgebring om te wys dat mense en dié voëls in harmonie kan saamleef.
Volgens die sentrum is 80 000 mense deur middel van die veldtog bereik.
In Suid-Afrika is slegs sowat 3 000 volwasse swartaasvoëls oor. Hulle is dikwels die slagoffers van vergiftiging. Witrugaasvoël word vir tradisionele medisyne gebruik. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie