Bedrog met bankkaarte: Hier’s die nuutste slenters
Riana de Lange
Swart Vrydag, Kuber-Maandag en die komende Kerstyd is verbruikers én diewe se droom. Die gesamentlike bruto verlies weens bedrog met Suid-Afrikaans uitgereikte bankkaarte in 2018 het R873,4 miljoen beloop en was 18% hoër as in 2017.
In dié tyd het kredietkaartbedrog met 18,4% toegeneem en debietkaartbedrog met 17,5%, wys die jaarlikse misdaadstatistieke.
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric), namens die bankbedryf, waarsku verbruikers en sakeondernemings om dié feestyd bedag te wees op slenters en bedrieërs.
Susan Potgieter, waarnemende uitvoerende hoof van Sabric, sê misdadigers wat hulle as bankamptenare voordoen, buit niksvermoedende verbruikers uit deur sosiale manipulasie (soos phishing en vishing) en oorreed hulle om hul persoonlike en vertroulike inligting te deel.
Cowyk Fox, ’n uitvoerende bestuurder verbonde aan Absa se kleinhandel- en besigheidsbankdienste, sê bedrieërs kom ook heeltyd met nuwe planne en bedrogskemas vorendag.
Ná die bekendmaking van die nasionale misdaadstatistieke het Sabric sy kommer uitgespreek oor die toename van 75% op ’n jaargrondslag in die bedrogvoorvalle op verskillende bank-apps, aanlyn bankdienste en banksake wat via slimfone gedoen is.
In 2018 is sowat 23 500 gevalle aangemeld wat tot verliese van R262,8 miljoen gelei het.
Bedrog met Suid-Afrikaans uitgereikte kredietkaarte waar die kaart nie teenwoordig was nie, was verantwoordelik vir sowat 80% van die verliese, sê Sabric.
Die ombud vir bankdienste het ook die laaste paar jaar gesien hoe klagtes oor aanlyn bedrog styg. Dit maak nou die grootste deel van klagtes uit.
Luidens die bankombud se jongste jaarverslag ontvang die kantoor daagliks gemiddeld 5,6 klagtes van kliënte wat geld verloor het weens bedrog met internetbankdienste.
Al waarsku banke kliënte, is die vervalste e-posse en oproepe so oortuigend dat verbruikers steeds in die strikke trap en hul besonderhede verskaf aan iemand wat hulle dink is ’n bankamptenaar, het Reana Steyn, die ombud, gesê.
Fox sê nog ’n voorbeeld van sosiale knoeiery behels die gebruik van sosiale media en afspraak-webtuistes waar welvarende vryers niksvermoedende individue die hof maak met beloftes van vakansies en geskenke. Kort voor lank vra hulle egter finansiële hulp vir ’n onvoorsiene krisis wat opgeduik het en verdwyn dan met die slagoffers se geld. – Netwerk24
GRYSBLOK
Wenke vir aanlyn kopies
· Die “s” in die “https” op webblaaie is nie meer ’n waarborg dat dit ’n veilige webblad is nie.
· Wanneer jy op ’n e-handel-webblad registreer, kies ’n sterk wagwoord of selfs ’n wagfrase. Moet dit nooit op jou rekenaar of selfoon stoor nie.
· Beskerm jou persoonlike inligting. Aanlyn handelaars het nie jou ID-nommer of geboortedatum nodig nie.
· Gaan jou bankbalans na nadat jy betaal het en meld enige verdagte of bedrieglike transaksies onmiddellik by jou bank aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie