Bedrog met bankkaarte neem toe, wys verslag
Bedrog met bankkaarte neem toe, wys verslag

Bedrog met bankkaarte neem toe, wys verslag

Bedrog met bankkaarte neem toe in Suid-Afrika en veral bedrog met kredietkaarte het aansienlik gestyg.
Volgens die Card Fraud 2016-verslag, wat Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) namens die bedryf uitgereik is, het kredietkaartbedrog met 13% toegeneem, van bedrog ter waarde van R331,4 miljoen in 2015 tot R374,4 miljoen in 2016.

Debietkaartbedrog het oor dieselfde tydperk met 3,1% toegeneem tot R343,5 miljoen.

Kredietkaartbedrog waar die kaart self nie teenwoordig is nie, het met 18,9% tot R250 miljoen toegeneem.

Dié tipe bedrog is steeds die grootste met kredietkaarte en is verantwoordelik vir 66,8% van kredietkaartbedrog.

Dit behels dat die kaart of kaarthouer nie teenwoordig is wanneer die transaksie gedoen word nie, byvoorbeeld met telefoniese aankope of aanlyn inkopies.

Die provinsies in Suid-Afrika waar kredietkaartbedrog die meeste voorkom, is Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. Sowat 86% van alle kredietkaartbedrog kom in dié drie provinsies voor. Die meeste vind egter plaas in Gauteng (57%), gevolg deur die Wes-Kaap (16,1%) en KwaZulu-Natal (12,7%). Kredietkaartbedrog het die afgelope jaar in alle provinsies toegeneem, behalwe die Wes-Kaap, waar dit met 11,8% gedaal het.

Debietkaartbedrog waar die kaart nie self teenwoordig is nie, het met 4,6% tot R57,6 miljoen toegeneem en was vir 17% van alle debietkaartbedrog verantwoordelik.

Volgens Sabric gaan dié tipe bedrog waarskynlik toeneem omdat debietkaarttransaksies waar die kaart nie teenwoordig is nie, nou toegelaat word. Skelms “sal die geleentheid uitbuit”. Bedrog met verlore en/of gesteelde debietkaarte is steeds die grootste bydraer tot algehele debietkaartbedrog. Dit het in 2016 met 39,1% tot R193 miljoen toegeneem.

Gauteng (40,6%), die Wes-Kaap (9,4%) en KwaZulu-Natal (17,9%) is ook die drie provinsies waar debietkaartbedrog die meeste voorkom.

Kalyani Pillay, uitvoerende hoof van Sabric, sê hoewel enige toename in bedrog kommerwekkend is vir die bedryf, is die toenemende sofistikasie van die taktieke wat skelms gebruik 'n groot bron van kommer.

Sy sê egter Sabric en die bedryf is “perfek geposisioneer om enige kaartbedrog te takel”.



Beskerm jouself so:

Sabric versoek die publiek om die volgende stappe te doen om hulself te beskerm:

• As jy nie bekend is met die skermuitleg van die kitsbank nie of dit wil voorkom of daar met die masjien gelol is, moenie jou kaart indruk nie.

• Moenie iemand toelaat om jou kaart te trek deur 'n klein, swart toestel waarmee jy nie bekend is nie.

• Moet nooit e-posse stuur wat jou kaartnommers of vervaldatums bevat nie. Moet ook nooit hierdie inligting oor die foon bekend maak nie.

• Maak seker jou bankkaarte is geregistreer vir 3D Secure – kontak jou bank vir meer inligting rakende 3D Secure-registrasie. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!