Bedrog van tot R1,2 miljard by EOH ontdek
Bedrog van tot R1,2 miljard by EOH ontdek

Bedrog van tot R1,2 miljard by EOH ontdek

Bewyse van “’n aantal mislukkings van korporatiewe beheer en wangedrag” is opgespoor.
Hanlie Stadler – Tenderknoeiery, onetiese sakepraktyke en “verdagte betalings” ter waarde van R1,2 miljard is by Suid-Afrika se grootste inligtingstegnologiefirma, EOH, ontdek.

EOH het die adviesfirma ENSafrica begin vanjaar aangestel om korrrupsiebewerings te ondersoek. Die forensiese verslag en sy aanbevelings is vroeg vandeesmaand aan EOH se direksie oorhandig en die direksie het van dié bevindings nou bekend gemaak.

EOH hou Dinsdag om 09:00 ’n webuitsending om die bevindings uiteen te sit.

ENSafrica se ondersoek duur voort. Tot dusver is bewyse van “’n aantal mislukkings van korporatiewe beheer en wangedrag” opgespoor. Dit is hoofsaaklik beperk tot EOH Mthombo, die filiaal wat met die staatsektor sake doen.

EOH sê ’n “beperkte aantal EOH-werknemers” word by die ongerymdhede betrek.

Die verdagte transaksies word nog verder ondersoek en EOH beklemtoon: “Die presiese aard van elkeen van die transaksies is nog nie geverifieer nie en kan verband hou met legitieme transaksies, diefstal of omkopery en korrupsiebetalings.

ENSafrica sal EOH tweemaandeliks inlig oor wat hy verder moet ondersoek en regstellende stappe wat gedoen moet word. “EOH sal voortgaan om die finansiële impak van die bevindings te assesseer.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!