Bedrogklag teen beweerde moordenaar
Die staat se ondersoek in Shannon Wasserfall se moordsaak is voltooi en die beskuldigdes sal weer op 31 Augustus in die hof verskyn.
Leandrea Louw op Walvisbaai
Die broer en suster, me. Azaan Madisia en mnr. Steven Mulundu, wat op me. Shannon Wasserfall (22) se moord tereg staan, het Dinsdag in Walvisbaai se landdroshof verskyn.
'n Bykomende klag van versekeringsbedrog is by Madisia se klagstaat gevoeg.
Volgens staatsaanklaer Maggy Shiyagaya, het Madisia 'n skootrekenaar en 'n iPhone as gesteel aangemeld en daarvoor geëis. Die polisie het egter op dieselfde skootrekenaar en iPhone beslag gelê tydens Wasserfall se moordondersoek.
AANSOEK OM REGSHULP
Mulundu en Madisia se borgaansoek was vir 21 tot 23 Junie geskeduleer, maar dit het weens die afwesigheid van hul prokureur nie plaasgevind nie.
“Die staat het probeer om mnr. Gilroy Kasper in die hande te kry, maar dit was tevergeefs,” het Shiyagaya gesê.
Die saak is tot 31 Augustus uitgestel om Mulundu en Madisia die geleentheid te gee om die dienste van 'n regshulpadvokaat te bekom.
Madisia het verduidelik hulle het om regshulp aansoek gedoen en wag op 'n antwoord.
Die saak is aanvanklik uitgestel vir die rede om te pleit.
“Ons ondersoek is voltooi en die laboratorium is tans besig om 'n verslag te finaliseer,” het Shiyagaya gesê.
AGTERGROND
Madisia was die hoofverdagte in Wasserfall se verdwyning. Sy het op 10 April 2020 uit Kuisebmond vermis geraak.
Wasserfall se liggaam is maande later, op 6 Oktober 2020, in 'n vlak graf op Walvisbaai gevind nadat die polisie 'n anonieme wenk ontvang het.
Mulundu is in November 2020 in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee en gesê het dat hy Madisia glo gehelp het om Shannon se liggaam te verwyder. Albei beskuldigdes is sedert hul inhegtenisneming verlede jaar in aanhouding.
Wasserfall se verdwyning het landswye protesoptogte tot gevolg gehad wat geregtigheid vir haar onder die #JusticeForShannon-veldtog geëis het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie