Bedrogsaak sloer vir vyf jaar

Twee voormalige boekhouers het glo geld uit ’n firma se rekening aan hulself oorbetaal.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw –’n Saak wat in 2012 in die Mariental-landdroshof teen twee voormalige boekhouers aanhangig gemaak is nadat hulle glo kliënte se terugbetalings van die ontvanger van inkomste vir hulself toegeëien het, is steeds nie afgehandel nie.
Die twee beskuldigdes, me. Madeleine Kirsten (45) en mnr. Gideon Johannes Kirsten (43) is reeds op 27 Februarie 2012 in hegtenis geneem en is daarna op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat. Die egpaar staan tereg op 104 klagte van bedrog, óf diefstal, in een saak, en vier klagte van bedrog, óf diefstal, in ’n tweede verwante saak. Die twee sake word saam in die Mariental-landdroshof aangehoor.
Die klagte van bedrog spruit uit die tydperk toe die paartjie in diens van die rekenkundige firma Namib Finansiële Adviesdienste was.
Dié firma is op 1 Maart 2009 deur die Kirstens oorgeneem en staan sedertdien as Namib Accounting Services BK bekend.

Mnr. Max Meyer, eertydse eienaar van Namib Finansiële Adviesdienste, het Republikein meegedeel dat die geld wat die paartjie na bewering vir hulself toegeëien het, nagenoeg N$4 miljoen beloop het.
Volgens Meyer was hul werkswyse om tjeks van kliënte wat deur die minister van finansies terugbetaal is, óf by die bank te wissel óf in hul persoonlike bankrekeninge in te betaal.
In sy saak teen die Kirstens sê Meyer dat hulle, terwyl hulle in sy diens was, geld uit die firma se rekening aan hulself oorbetaal het.
Meyer is beswaard oor hoe lank die aangeleentheid neem om afgehandel te word.
Die saak is al herhaaldelike kere in die Mariental-landdroshof uitgestel. Meyer het ook genoem dat daar tot dusver geen inligting in verband met die ondersoek op die polisiedossier verskyn nie.
In ’n hofverskyning op 13 Maart het landdros Verinao Kamahene ook sy ontevredenheid met die vordering van die saak uitgespreek en gesê: “Hierdie hof is ontsteld oor die manier waarop die saak deur beide die staat en die verdediging hanteer is. Die eerste hofverskyning vir die saak was op 13 Augustus 2013.”
Hiertydens is ’n verhoordatum vir 26 Julie vasgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!