Beeldhouer se werk 'n huldeblyk aan enkelma's
Die kunstenaar Mitchell M. Gatsi se beeldhouwerk word vanaf komende Saterdag by die Project Room-galery uitgestal en fokus op die tema van enkelmoederskap.
Mitchell reflekteer in sy tweede solo-uitstalling getiteld Em'brace steeds op enkelmoederskap. Dié uitstalling is 'n uitbreiding van sy vorige uitstalling Nurture wat in 2018 bekend gestel is. Die uitstalling vier die moed, krag en deursettingsvermoë van die vroue en spesifiek enkelma's in hierdie wêreld.
Wat duidelik na vore kom in Em'brace is die hoeveelheid tyd en energie wat Gatsi die afgelope paar jaar in sy illustrasiewerk belê het. Sy beeldhouwerke het mettertyd meer selfvertroue begin toon en is ligter en meer vol uitdrukking as sy vroeëre werk. Sy kunswerke toon 'n speelsheid en lewendigheid wat in die verlede afwesig was.
Die uitstalling is 'n versameling van meer as 20 beelde en beeldhouwerke in bruin en swart gestookte klei.
DIE KUNSTENAAR
Die Zambies gebore kunstenaar het aan die College of the Arts (Cota) in Windhoek met kleibeeldhouwerk as hoofvak studeer. Ná sy eerste solo-uitstalling Nurture in 2018 en talle groepuitstallings tussenin, sal hierdie die kunstenaar se tweede solo-uitstalling wees.
Gatsi is sedert 2017 'n deeltydse keramiekkuns-instrukteur by die Universiteit van Namibië (Unam). Hy het onlangs keramiekklasse vanuit sy ateljee in Windhoek-Wes aangebied. Hy werk ook as 'n voltydse illustreerder.
Die uitstalling open Saterdag by die Project Room-galery en kan tot 27 Maart besoek word. Die galery is Dinsdae tot Saterdae tussen 10:00 en 13:00 oop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie