Beendere by VSA-ambassade se bouterrein ontdek
Francoise Steynberg
Konstruksiewerkers by die bouterrein van die nuwe Amerikaanse ambassade in Nelson Mandelarylaan in Klein Windhoek het verlede Dinsdagmiddag ’n skokontdekking gemaak.
“Konstruksiewerkers het menslike beendere van vermoedelik een individu teen die grensheining van die bouperseel ontdek,” het die woordvoerder van die ambassade, mnr. Walter Parrs, gister aan Republikein gesê.
Volgens Parrs het die konstruksiespan onmiddellik hul werk gestaak, die toneel afgesper en beskerm, asook die Namibiese owerhede ingelig.
“Die Namibiese polisie het dieselfde middag die toneel besoek en die oorskot verwyder,” het hy gesê.
“Die Amerikaanse ambassade is in kontak met die polisie oor die ondersoek,” sê Parrs.
“Ja, daar is beendere gevind, maar forensies is nie na die toneel ontbied nie,” het die hoof van die Namibiese polisie se Instituut vir Forensiese Wetenskap (NPSFI), komm. Nelius Becker, die naweek aan Republikein bevestig.
“Forensies sal betrokke raak met die voorval tydens die lykskouing en om die tyd van sterfte te bepaal - of dit histories is of nie,” het hy gesê.
Gister het hy bevestig ’n dokter het reeds die nadoodse ondersoek voltooi, maar kon nie die geslag van die oorledene bepaal nie.
“Daar is nie ’n pelvis by hierdie beendere gevind nie en dan is dit moeilik om die geslag te bepaal,” het Becker gesê.
Hy sê baie sulke beendere is al by boupersele in Windhoek ontdek en die graf en die manier hoe ’n lyk begrawe is, kan baie inligting gee, “maar forensies was nie na hierdie toneel uitgeroep nie,” het Becker gesê.
Hy sê hy sal later vandeesweek die nadoodse ondersoekverslag ontvang en dalk sal die oorskot na die laboratorium se lykshuis gestuur word waar die ouderdom van die oorskot bepaal sal word.
“’n Antropoloog sal moontlik die historiese waarde van die oorskot moet bepaal,” het Becker gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie