Beenmurgoorplanting suksesvol, toe Covid
Beenmurgoorplanting suksesvol, toe Covid

Beenmurgoorplanting suksesvol, toe Covid

'n Windhoeker wat moedig teen follikulêre limfoom gestry het, was ook een van Covid-19 se slagoffers.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – 'n Bekende makelaar en man wat groot respek afgedwing het onder resiesduif-geesdriftiges in Namibië, word môre begrawe nadat hy ná 'n suksesvolle beenmurgoorplanting in Johannesburg, Covid-19 opgedoen en gesterf het.

Die 68-jarige mnr. Hennie Maré, 'n finansiële raadgewer by Bank Windhoek en lid van die Windhoek Resiesduifklub, is verlede jaar vir die tweede keer met follikulêre limfoom gediagnoseer nadat die kanker vir vyf jaar in remissie was.

Hy het Mei 'n beenmurgoorplanting by die Donald Gordon-hospitaal in Johannesburg ondergaan waar die bekende hematoloog, dr. Jackie Thomson, hom behandel het.

“Die beenmurgoorplanting was 99,87% suksesvol en daar was net 0,13 % kanker in sy liggaam oor. Hy sou net vir ses maande lank net nog pille moes drink,” vertel sy vrou Ansie.

Omdat hy so lank daar moes bly terwyl hy behandeling ondergaan het, het sy mediese visum vir Suid-Afrika in middel Junie verval.

Hy is voordat hy sou terugvlieg vir Covid-19 getoets en die toets was positief. Ansie vertel sy swaer, mnr. Frans Smidt, moes hom toe tot by die Nakop-grenspos neem, waar sy hom op 27 Junie gaan haal het.

“Aanvanklik was hy net baie moeg en swak. Aangesien hy so onlangs 'n beenmurgoorplanting gehad het, het sy bloedplaatjietelling baie geval,” sê sy. Maré is op 9 Julie dood.

Hy was 26 jaar lid van die duiweklub en was ook drie keer die klubkampioen. Verder het hy nege keer met sy resiesduiwe tweede in die klubseisoen geëindig.

Mnr. Jaco Oberholzer, 'n mede-klublid, sê met Maré se heengaan het die “wedvlugseisoen in die hemel begin”.

“Die verskil is net ons op aarde weet klaar wie die klubkampioen daar bo gaan wees. Oom wat so lief was vir vere en vlerke, moet oom se vlerke geniet. 'n Engel is gebore,” skryf hy in 'n huldeblyk.

Sy suster, me. Joey Smidt, sê Maré “het amper terloops en in die verbygaan in mense se lewens 'n verskil gemaak”.

“Hy het geleenthede gesien om mense te help en nie sy eie omstandighede as verskoning gebruik om dit nie te doen nie.”

Hy laat benewens sy vrou ook sy drie kinders Kenfil, Corna en Gregory, dié se eggenote Nicolette, Wentzel en Janine en twee kleinkinders, Tatum en Riley, agter.

Hy word môre om 15:00 uit die NG gemeente Windhoek-Wes deur ds. Schalk Pienaar begrawe. Mense kan die diens aanlyn by https://youtu.be/EEMpWJW7QtU volg.

[email protected]


FOTO
Wyle mnr. Hennie Maré by sy vrou, Ansie, en twee van hulle drie kinders, Kenfil en Corna. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!