Beeskarkas in ambulans vervoer
Beeskarkas in ambulans vervoer

Beeskarkas in ambulans vervoer

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – “Die skuldiges sal met die volle omvang van die gereg vervolg word.” Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het só gereageer op 'n voorval waartydens 'n ambulans van die ministerie by die padblokkade by Kappsfarm oos van Windhoek afgetrek en 'n beeskarkas daarin gevind is.

Mnre. Absai Aushona (50) en John Baptista (43) het gister in die landdroshof op klagte van veediefstal verskyn.

Volgens Nangombe sal die skuldiges ingevolge die wette vir misdaadprosedures en die staatsdiens vervolg word.

"Hulle het 'n onreg teen die goeie naam van die ministerie gepleeg en staatseiendom gebruik vir 'n afskuwelike misdaad – boonop in 'n tyd soos nou.

“Wat as die ambulans vir 'n noodgeval gebruik moes word en dit was nie beskikbaar vir iemand wat werklik hulp nodig gehad het nie? Dis totaal onaanvaarbaar en laakbaar!"

Nangombe was vol lof vir die lede van die polisie en die publiek wat die saak onder die ministerie se aandag gebring het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!