Beeskontrei en braai laat die pyle waai
Beeskontrei en braai laat die pyle waai

Beeskontrei en braai laat die pyle waai

Seuns en meisies het in skoolverband meegeding.
Die Nasionale Boogskietprogram vir Skole (NASP) en Gobabis Gimnasium het onlangs ’n kompetisie saam met die Namibiese Landbouvereniging (NLA) se nasionale braaikompetisie in dié oostedorp aangebied.

Dit was die ideale geleentheid vir die NASP om die plaaslike inwoners aan die uiters gewilde en snel groeiende sport bloot te stel. Hiervoor het die deelname van 88 skutters vir ’n mededingende kompetisie op die rugbyveld van Gim gesorg.

Die eerste pyle het om 08:00 in ’n ysige oggendwindjie gevlieg, maar die koue is gou deur die son verjaag om vir ’n heerlike sonskyndag plek te maak. Die mededinging in die junior en senior afdelings was straf, met net enkele punte wat die voorste deelnemers van mekaar in die onderskeie kategorieë geskei het.

Elke skut het drie rondes na die teikens van 80 sentimeter gekry (afstande van 10 m en 15 m) en hul taak is afgesluit met een ronde waarin na nagemaakte diere geskiet is. Dié teikens word op ses verskillende afstande geplaas en die deelnemers moet vinnig sy skatting en aanpassing maak om die skywe te tref.

Wat sake nog interessanter en moeiliker vir die skutters gemaak het, was die feit dat dié boë nie soos met ’n saamgestelde boog met ’n visier toegerus is nie. Ure se oefening maak die verskil om suksesvol te wees.

Die verrigtinge is die aand met ’n prysuitdeling afgesluit waar Gobabis Gimnasium met die meeste pryse weggestap het toe hulle 15 van die 36 podiumposisies opgeraap het. Die afdeling vir senior seuns was die mededingendste waar die derde en eerste plek met net sewe punte verskil het.

NASP Namibië gaan in Juliemaand 16 jong boogskutters na Kanada stuur waar hulle in Alberta aan die All Nations All Stars-kampioenskap gaan deelneem. Die span sal teen die Verenigde State van Amerika, Kanada en Suid-Afrika in die uitdunrondes skiet.

Me. Karola Woortman, sekretaris van NASP in Namibië, raak opgewonde oor die goeie kwaliteite van die boogskietsport.

“Ons moet eerstens die naam van Willem Lottering van Gobabis Gimnasium uitsonder wat die meeste voltalle vir die dag behaal het. Hy het sewe perfekte tellings behaal waarvoor hy beloon is.

“Boogskiet is ’n ongelooflike sport wat leerders selfdissipline leer, hul fokus en konsentrasie verbeter asook ’n positiewe effek op kinders se akademiese prestasie en sosiale omgang het. As enige individu of skool daarin sou belangstel om die NASP-program te begin, is hulle welkom om my te kontak.

“Daar is ondersteuning van NASP om die wonderlike sport verder te ontwikkel, maar daar is reëls aan verbonde wat toegepas moet word om dié program suksesvol te bestuur,” sê Woortman entoesiasties.

Belangstellendes kan Woortman tydens kantoorure by 085 294 2911 skakel.

Die uitslae:

Kolskoot-kompetisie, Junior meisies: 1 Anrika van Zyl (Danie Joubert Skool), 2 Mari Louw (Gobabis Gim), 3 Jomari Cambell (Privaatskool Elnatan). Junior seuns: 1 Alexander Abrahams (SKW), 2 Izak Engelbrecht (Berg-Op Akademie), 3 Zander Els (Carpe Diem Tuisskool).

Kolskoot-kompetisie, Senior meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Dominique Bekker (Walvisbaai Boogskietklub), 3 Melany Erasmus (Berg-Op). Kolskoot, Senior seuns: 1 Edward Kesslau (Gobabis Gim), 2 Willem Lottering (Gobabis Gim), 3 Hannes Theron (Carpe Diem).

Diere-ronde, Junior meisies: 1 Anrika van Zyl (Danie Joubert), 2 Mari Louw (Gobabis Gim), 3 Jomari Campbell (Elnatan). Junior seuns: 1 Alexander Abrahams (SKW), 2 Izak Engelbrecht (Berg-Op), 3 Jesse Deysel (Gobabis Gim).

Diere-ronde, Senior meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Dominique Bekker (Walvisbaai BSK), 3 Isabel Louw (Gobabis Gim). Senior seuns: 1 Edward Kesslau (Gobabis Gim), 2 Willem Lottering (Gobabis Gim), 3 Hannes Theron (Carpe Diem).

Junior meisieskampioen: 1 Anrika van Zyl (Danie Joubert), 2. Mari Louw (Gobabis Gim), 3 Jomari Campbell (Elnatan).

Junior seunskampioen: 1 Alexander Abrahams (SKW), 2 Izak Engelbrecht (Berg-Op), 3 Zander Els (Carpe Diem).

Senior meisieskampioen: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Dominique Bekker (Walvisbaai), 3 Isabel Louw (Gobabis Gim).

Senior seunskampioen: 1 Edward Kesslau (Gobabis Gim), 2 Willem Lottering (Gobabis Gim), 3 Hannes Theron (Carpe Diem).

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!