Beeste op buurplaas van Kai Rust geslag
Beeste op buurplaas van Kai Rust geslag

Beeste op buurplaas van Kai Rust geslag

Boer bied beloning van N$10 000 aan
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Twee beeste is verlede Donderdag geslag op die buurplaas van die beskuldigde mnr. Kai Rust wie se aansoek om borgtog gister van die hand gewys is.

Dié keer het beesdiewe op die plaas Schnabelsfelde van die broers mnre. Henk en Arend Brink toegeslaan wat die buurplaas aan die noordekant van Rust se plaas Otukaruno No. 43 in die Okahandja-distrik is.

Volgens mnr. Henk Brink is dit die derde keer wat beeste op hul plaas geslag word en boonop is 35 beeste skoonveld. Schnabelsfelde is teen die C31 Hochfeld-pad geleë, sowat omtrent 8 km vanaf die Otjiwarongo-afdraai en sowat 18 km vanaf Okahandja.

"Die slagters het vanaf die militêre grond en die teerpad gekom en die wildwerende heining 2 km vanaf die teerpad geknip. Dan het hulle die beeste in die hoek vasgekeer en deur die geknipte heining gejaag," het Brink gesê.

"Gelukkig het al die beeste weggehardloop en hulle kon net drie deur die gat in die heining kry. Die drie beeste is toe al langs die heining gejaag teerpad toe."

Volgens Brink bestaan die heining uit ''n drie meter wildwerende heining met ''n 1,2 meter heining wat drie meter vanaf die wildwerende heining is.

"Die slagters het die drade van die 1,2 meter heining op verskeie plekke geknip om die beeste in die gang te kry. Naby die teerpad het hulle dit reggekry en toe twee van die beeste op die einde van die gang teen die teerpad met spiese doodgemaak," het Brink gesê. Die derde bees is weg.

"Beide beeste is afgeslag en die een verste van die pad se vleis is by die een teen die pad in die gang geplaas."

Brink vermoed motoriste op die pad het die slagters laat skrik of hul voertuig om die vleis te vervoer, het nie opgedaag nie.

"Al die vleis is net so gevind behalwe dat die slagters stukke uit die boude en ribbe gesny het om saam te vat."

Volgens Brink beloop die skade van die beeste N$35 000.

Brink sê hy het die volgende oggend op 18 November op die geknipte heining afgekom.

"Knap spoorsnywerk het ons tot by die slagting teen die pad gelei."

Die saak is by die polisie op Okahandja aangemeld en hulle was binne 15 minute op die toneel.

Brink bied ''n beloning van N$10 000 aan vir die "inhegtenisneming, vervolging en opsluit van hierdie beesslagters" en hy kan by 081 127 6606 gekontak word. Enigiemand met inligting kan ook die polisie op Okahandja kontak.

Die Rust-familie het ook onlangs, op 16 Oktober, onder beesdiewe deurgeloop toe een bul en vier dragtige koeie op hul plaas geslag is.

Mnr. Kai Rust is steeds in aanhouding by die Okahandja-polisiekantoor nadat hy op 27 Januarie in verband met die dood van ''n vermeende wildstroper, mnr. Andreas Ukandanga, in hegtenis geneem is. Sy aansoek om borgtogaansoek gister in die landdroshof op Okahandja was onsuksesvol.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!