Beeste uit Botswana vul tekort aan
Namibië bevind hom as netto beesvleisuitvoerder tans in ’n situasie waar daar nie eens genoeg beeste vir die plaaslike mark beskikbaar is nie.
Ronelle Rademeyer - Sowat vier maande nadat Botswana sy grens vir die uitvoer van lewende slagbeeste na Namibië oopgestel het, kon Meatco op Dinsdag 18 Februarie vir die eerste keer beeste uit dié land slag om die plaaslike vleistekort aan te vul.
Dit volg nadat die uitreiking van permitte om vermoedelik politieke redes so lank gesloer het.
Mnr. André Mouton, uitvoerende bestuurder van lewendehawevoorsiening by Meatco, sê Namibië beleef tans ’n ernstige tekort aan slagbeeste vanweë 2019 se droogte.
“Die plaaslike slagters baklei vir beeste. Ons verwag daar sal tot ten minste ná die Paasnaweek in April nie genoeg slagbeeste in die land beskikbaar wees nie. Meatco het hierdie week (week van 17 Februarie) een keer geslag, en 80% van die 153 beeste was uit Botswana afkomstig.”
Volgens Mouton het die langdurige droogtes van die afgelope jare gemaai onder kuddegetalle. “’n Opname deur die Namibië Landbou-unie (NLU) onder sy lede toon daar was op 1 Februarie 2020 omtrent 50% minder beeste suid van die rooilyn as teen 1 Februarie 2012.”
In 2012 het die nasionale kudde uit sowat 2,9 miljoen beeste bestaan. Die helfte hiervan was in die noordelike kommunale gebiede (NCA) wat deur die rooilyn van die suidelike kommersiële boerderygebied geskei word.
Hy sê die plaaslike beesvleisbedryf bevind hom in ’n perfekte storm vanweë die impak van die droogte en die feit dat Namibië sy grens vir vleisinvoere uit Suid-Afrika weens die uitbreking van bek-en-klouseer moes sluit.
“Supermarkte kan nie vleis van Suid-Afrika af invoer nie. Ons sit met ’n groot uitdaging vanjaar en kan verwag dat pryse stewig gaan bly.”
Meatco se opname van die verwagte hoeveelheid slagbeeste wat produsente in 2020 kan lewer, toon die vleisverwerker kan net sowat 18 000 vanaf plase in die land verwag. Dit volg nadat ’n rekordgetal van nagenoeg 116 000 beeste verlede jaar geslag is toe geen weiding beskikbaar was nie.
“Meatco se 10 jaar-gemiddeld is 106 000 beeste per jaar. Ek kan nie sien dat ons hierdie jaar by 50 000 gaan uitkom nie.”
Mouton vertel ’n besoek aan verskeie produsente om vas te stel hoe toestande lyk, het getoon daar was in die eerste week van Februarie net sowat 400 beeste in die groter Kamanjab-gebied oor.
Hy sê hoewel Meatco begroot het om 6 000 beeste uit die Ghanzi-gebied in Botswana in te voer, verwag hy net die helfte daarvan sal realiseer.
Op die oomblik word die grootste hoeveelheid vleis uit Meatco se fabriek deur die formele plaaslike mark opgeneem, waar die jaarlikse behoefte tussen 40 000 en 50 000 beeste is.
Volgens Mouton is Namibiese beesvleisprodusente bevoorreg om drie lewensvatbare waardekettings te hê – Meatco se uitvoermarkte in Europa, die VSA en China, die plaaslike mark en die lewende uitvoer van speenkalwers na voerkrale in Suid-Afrika.
“Verlede jaar het Meatco omtrent 28% van die totale ‘pot’ gekry. Sowat 50% is lewend uitgevoer en die res van die beeste is deur die plaaslike slagmark opgeneem.
“Dit is belangrik dat ons die behoeftes van hierdie waardekettings met mekaar in balans bring.”
Om dit reg te kry, meen hy, moet die vleisbedryf ’n beter gesamentlike visie hê.
Die voormalige minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het vyf jaar gelede in Februarie 2015 die amptelike dokument bekend gestel waarin die gesamentlike visie van die lewendehawe- en rooivleisbedryf uitgestippel word.
Dit is onder aanvoering van die Vleisraad opgestel omdat die plaaslike vleisbedryf gekenmerk word deur fragmentering, onderlinge wantroue tussen die belanghebbendes in die waardeketting, wrywing asook die bevordering van eie belange.
Mouton meen die bedryf kon nog nie daarin slaag om dit te oorkom nie. “Ons as bedryf sal moet besin hoe ons die uitvloei van lewende beeste uit die land gaan bestuur om die plaaslike mark te ondersteun."
HOE LYK SAKE IN DIE NCA?
Twee en ’n half jaar nadat die kontrakte vir die bedryf van die abattoirs op Oshakati en Katima Mulilo aan onderskeidelik Kiat Investment en Zambezi Meat Corporation (Zamco) toegeken is, kon nog net 167 beeste as deel van ’n toetslopie by eersgenoemde abattoir geslag word. Hierdie abattoirs is sedert 2014 nie in bedryf nie.
Verder kan dit nog maande duur voordat die nuwe abattoir op Rundu in gebruik geneem word, sê Mouton.
“Die behoefte aan beeste vir plaaslike verbruik in die NCA is omtrent 50 000 per jaar. ’n Studie wat in 2016 gedoen is, het gewys 38 000 beeste is suid van die rooilyn vir die slagmark in die NCA aangekoop.
“Een van die eerste goed wat ons moet doen om bemarking in die NCA te verbeter, is om oos-wes-handel aan te moedig. Daar is goeie kwaliteit beeste in die Kavango beskikbaar wat aan die vraag na beeste in die Oshakati-gebied kan voldoen,” sê Mouton.
Hy maan egter die oplossing vir die NCA se bemarkingsbehoeftes is ’n langtermynplan.
“Ons kan nie die korttermyn-behoeftes met langtermynplanne oplos nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie