Beeswinkel se voordele skitter in pandemietyd
Rampe soos die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika en daarna die Covid-19-pandemie, het tradisionele veilings gekasty en ruimte gelaat vir nuwe, aanlyn veeveilings.
Elvira Hattingh - Toe Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, drie jaar gelede gesê het die toekoms vir veehandel lê aanlyn, het sy mede-aandeelhouers by Grainvest Livestock nie sy visie gedeel nie.
Van Heerden sê hy was toe Grainvest Livestock se besturende direkteur. “’n Miljard rand het jaarliks deur ons boeke vir lewendehawehandel geloop, terwyl ons ook sowat 25 000 speenkalwers vanuit Namibië gekoop het,” vertel hy.
Hy het toe besluit om ‘n digitale platform vir aanlyn veilings op sy eie te ontwikkel, waaruit Beeswinkel voortgespruit het.
Intussen het rampe soos die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika asook Covid-19, wat in sy risikobestuursmodel gedek is, bewys dat hy reg was oor die toekoms. Aanlyn veeveilings is die enigste bedryf wat ten spyte hiervan kon voortgaan, terwyl tradisionele veilings kwaai geraak is.
EERSTE STAP
“Ons het die waarde daarvan besef om in Suid-Afrika die gewaagde eerste stap te neem. En net ingeval enige iemand sou twyfel of Namibië se grootste landboukommoditeit aanlyn verskuif kon word, het ons besluit om ook hiér die eerste tree te neem.”
Van Heerden is reeds 20 jaar lank in die veeaankopebedryf werksaam. Hy het ook in 2000 begin boer deur ligte speenkalwers aan te koop en uit te groei.
“Beeswinkel is ‘n maatskappy wat besit word deur beesboere met 100 jaar se gekombineerde ervaring in veehandel,” het Van Heerden verduidelik. Hy sê in 2017 is ‘n strategiese oudit gedoen om al die sterk- en swakpunte, bedreigings en geleenthede van die veehandelbedryf te bepaal.
“Nadat ons ‘n breedvoerige lys opgestel het van al die probleme van beide kopers en verkopers as dit by winsgewendheid, marktoegang, ‘n regverdige prys en die doeltreffende oordrag van eienaarskap kom, het ons gekyk na watter oplossings die vierde nywerheidsrewolusie ons kan bied,” verduidelik Van Heerden.
“Omdat deursigtigheid noodsaaklik is, het ons op die naam ‘Beeswinkel’ besluit. Om besigheid met Beeswinkel te doen, moet so deursigtig wees soos om deur ‘n winkelvenster te kyk.”
Van Heerden sê dit het daartoe gelei dat hulle die elektroniese handelsplatform ontwikkel het – ‘n eerste vir landbou en ‘n “intelligente stelsel” wat sonder beperkinge werk.
NAMIBIË
Van Heerden sê Beeswinkel het in die eerste vier weke van hulle in Namibië werksaam was, vier aanlyn veilings suksesvol aangebied.
Hul eerste Namibiese aanlyn veiling is op 24 Junie gehou, terwyl hulle in Suid-Afrika weekliks op Dinsdae en Donderdae kommersiële aanlyn veeveilings hou en Maandae en Vrydae stoet- en aanteelveilings aanbied.
“Aanvanklik was veilings vir Woensdae geskeduleer, maar dit is nou geskuif na Vrydae toe. Dit werk beter. Ons gaan dus ‘n vaste weeklikse veiling op Vrydae aanbied, maar sal ook begin om ander veilings, soos aanteel- en stoetveilings, op ander dae aan te bied.
“Alle Namibiese belanghebbendes is welkom om ons hand te vat en ons sal ons tegnologie deel,” het Van Heerden gesê.
Hy meen maatskappye in die plaaslike lewendehawesektor kan oornag hul reikwydte geografies saam met Beeswinkel uitbrei. “Of maatskappye wat graag die lewendehawe bedryf wou betree, kan dit saam met ons doen,” sê hy.
Van Heerden sê Beeswinkel benodig steeds veilingsagente in die Suide.
TOEKOMS
Op die vraag of hy sou sê hierdie is die toekoms van veilings, antwoord Van Heerden soos volg:
“Die massiewe koste en tydbesparing wat aanlynveilings bring, is hier om te bly. Sosiale afstand gaan vir lank met ons wees en nuwe siektes soos Covid-19 sal aanhou uitbreek.
“Bek-en-klouseer-uitbrekings, soos die een in Suid-Afrika waartydens daar ‘n nasionale verbod op die hou van gewone veilings gegeld het, is ‘n risiko. Die bestuuur van biosekerheid word al hoe belangriker vir kopers en hulle wil gemoedsrus hê en hulle beeste se oorsprong ken, voor hulle dit koop.
“Die voordeel is ook dat ons aanlyn veilings nie beperkings bied in terme van dieregetalle, die tyd van die dag wat dit gehou moet word of ligging van kopers en verkopers nie,” sê Van Heerden.
“Dit sny onnodige logistieke kostes uit, veroorsaak minder stres op die diere en help ook teen die verspreiding van veesiektes.
“Terselfdertyd werk ons baie doeltreffend. Beeswinkel het vier permanente personeellede wat dieselfde as ‘n groot koôperasie kan doen. Gevolglik kan ons baie minder kommissie vir ons dienste vra,” sê Van Heerden.
Tans vra dié aanlyn veilingshuis slegs 3,5% kommissie.
SO WERK DIT
Van Heerden verduidelik dat mense wat aan veilings wil deelneem, eenmalig op Beeswinkel hoef te registreer.
Hulle kry dan ‘n permanente gebruikersnommer en hoef nooit weer vir individuele veilings te registreer nie. Hulle kry so ook toegang tot veilings wat in buurlande aangebied word.
“Verkopers kan ‘n lot wat hy wil verkoop, registreer deur ‘n eenvoudige vorm in te vul, die datum te kies waarop hy die diere wil aanbied en ‘n goeie video oplaai.
“Verkopers sit ‘n reserweprys op en diere kan nie vir minder verkoop word sonder die verkoper se toestemming nie. Sodra ons dit verwerk het, word dit outomaties op ons katalogus gepubliseer.
“Alle lotte is onmiddelik oop om op te bie sodra dit gepubliseer word en tydens die blitsveiling begin die prys op die hoogste bod, wat reeds vooraf ontvang is.”
Van Heerden sê vir die kopers is die proses ook maklik. “Diere kan op die katalogus besigtig word, waar al hul besonderhede uiteengesit is. Tydens besigtiging kan kopers reeds begin bie op ‘n lot en ‘n SMS ontvang sodra ‘n hoër bod op die lot gemaak word.
“Wanneer die veiling begin, word lotte een vir een afgehandel. Tydens die veiling kan kopers sien of ‘n reserweprys op die lot reeds bereik is of nie. Die koper kan ook bie deur op die “asking price” blokkie te klik - of hy nou op sy selfoon of rekenaar is,” sê Van Heerden.
Vir meer inligting, volg Beeswinkel Namibia op Facebook, registreer by beeswinkel.co.za of kontak vir Jan Fourie by 081 317 7181.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie