Beethoven word herdenk
Aandag aan alle klassieke musiekliefhebbers. Vanjaar word die 250ste herdenking van Ludwig van Beethoven gevier. Hy is vandag steeds die bekendste klassieke komponis in die wêreld en ’n ikoon in Europese kultuur. Sy nalatenskap behoort aan die kulturele erfenis van die ganse mensdom. Die belangstelling in sy musiek het al eeue lank onverpoos gebly en ’n wêreldwye verskynsel geword.
Dus, ter viering van dié spesiale geleentheid, bied die Duitse ambassade in Windhoek ’n reeks Beethoven-konserte aan waarvan die eerste dié komende Vrydag 7 Augustus plaasvind.
Geniet die klassieke opvoering deur die Namibiese kunstenaars Galilei Uajenenisa Njembo (tenoor/ bariton), Trudy Gertze (sopraan) en Ruzanna Mnatsakanyan (klavier) met ’n regstreekse uitsending op die ambassade se Facebook-blad (GermanEmbassyWindhoek). Die kunstenaars gaan in die woning van die Duitse ambassadeur in Namibië optree. Werke van Beethoven, Mahler en Schubert is op die program. Verder sal Njembo werke van die Namibiese komponis Engelhardt //Unaeb aanbied, sommige vir die eerste keer.
Hy is ’n aspirant-operasanger en is onlangs by die McGill-universiteit in Montreal, Kanada, aanvaar om klassieke sang te studeer. Hy is tans besig om fondse in te samel om sy klasgelde te dek. Die jong kunstenaar sê hy waardeer enige ondersteuning.
“Ek wil een van die eerste Namibiese ambassadeurs in die internasionale klassieke musiekbedryf wees,” sê hy. Dié konsert is een van sy pogings om fondse in te samel om sy studies te dek. Hy sê hierdie konsert beteken baie vir hom, aangesien dit sy eerste klassieke optrede sal wees sedert die inperking afgekondig is.
“Die konsert is ’n goeie platform om die publiek meer bewus te maak van wat klassieke musiek werklik is en wat dit kan beteken. Ek hoop honderde mense kyk hierna.”
Die uitsending begin om 19:00 en die program vir die aand is by https://t1p.de/b75t beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie