Begraafplase in Rehoboth loop deur onder reën
Die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum en stadsraad werk nou saam om slote te grawe en sand aan te ry sodat grafte opgevul kan word.
Kristien Kruger – Hoewel die massas water by Rehoboth se ou en nuwe begraafplase reeds opgedroog het, sukkel die gemeenskap steeds om die geweldige reënskade wat deur die afgelope naweek se swaar reën veroorsaak is, te herstel.
“Die gemeenskap is tans besig om grafte hoër te bou. Die Rehoboth stadsraad is besig om ’n sloot te grawe en sand in te ry vir die opvul van grafte.
“Baie grafte het ingeval en sommige het vol water gestaan. Veral die nuwe begraafplaas was heeltemal onder water,” het me. Amanda Groenewaldt van die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum (RCDF) gesê.
Die stadsraad en RCDF het vroeër die week die perseel besoek om die situasie te evalueer en ’n dinkskrum is gehou om moontlike oplossings te vind.
“’n Besluit is geneem om ’n sloot in die middel van die begraafplaas te grawe vir die uitloop van die massas water.”
Volgens Groenewaldt wou hulle ook pype uitgrawe om die uitloop van water aan te help. Hulle het teen dit besluit, omdat die pype moontlik deur die modder verstop sou word en “’n groter probleem sou veroorsaak”.
“Daar was ook ’n voorstel om in die oostekant ’n muur op te rig om die vloei van water te beperk. ’n Ander oplossings is om grafte drie steen hoogtes hoër te bou en inwoners is reeds daarmee besig.”
Volgens Groenewaldt is die tegniese span van die stadsraad besig om verdere oplossings te soek.
Die RCDF het ’n beroep op die publiek gedoen om hul geliefdes se grafte te besoek. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie