Begraafplase loop deur
Maria Eiseb
Deesdae is die toestand van die begraafplase op verskeie dorpe 'n kopseer vir die mense van die gemeenskap wat hul geld bestee om die rusplek van hul geliefdes mooi te hou.
Grafte word gereeld geskend.
Volgens 'n inwoner van Usakos, me. Julia Isaak, ondervind sy die afgelope twee jaar dat die grafstene van haar familielede afgebreek of stukkend gekap word.
Isaak sê deesdae verniel die mense die grafstene én die graf.
Sy het die polisie in kennis gestel en hulle het versoek dat die gemeenskap booswigte aanmeld wat op heterdaad betrap word.
“Dit maak 'n mens baie hartseer. Verbeel jou, ek betaal sowat N$3 000 om 'n grafsteen op te rig,” sê sy.
Me. Renate Hoffman, 'n inwoner van Okahandja, kla oor die haglike toestand van dié dorp se begraafplaas. Sy sê dit is al jare 'n probleem.
Sowat drie tot vyf jaar gelede het lede van die gemeenskap, onder meer die boerevereniging, met hul eie gereedskap die begraafplaas skoongemaak.
Volgens Hoffmann is krane verwyder of verstop, maar naby die kapel steek 'n stuk pyp sowat 30 cm bo die grond uit en water vloei vrylik daaruit.
Sy het voorts gesê die kapel lyk soos 'n hawe vir boemelaars.
Die hoof- administratiewe bestuurder van die Vereniging van Plaaslike Owerhede in Namibië (Alan), me. Maureen Kambala, het aan Republikein gesê die munisipaliteite is verantwoordelik vir die begraafplase, maar die owerhede moet die gemeenskap betrek om die dorpe skoon te hou.
“Hulle kan ook wagte aanstel om die begraafplase op te pas.”
Hoewel sommige owerhede nie afdelings vir gemeenskapsdienste het nie, moet hulle steeds met die gemeenskap saamwerk, wat 'n uitdaging is, het Kambala gesê.
“Groter dorpe moet die kleiner dorpe ondersteun deur werkers te laat uitruil. As die raadslede die gemeenskap betrek, kan dit die kwessie oplos.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie