Begroting 2018: Wenslysies vir die mini-begroting
Die hoop is uitgespreek dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens in sakeredding geplaas sal word met die oog op gedeeltelike of algehele privatisering.
Francois Williams – Van ouditfirmas tot politici het hul wenslysies opgestel vir Tito Mboweni, minister van finansies, se mediumtermyn-begrotingsraamwerk.
Christie Viljoen, strateeg en ekonoom by PwC, se wenslysie is:
1. Hersiene lys van BTW-vrye verbruikersgoedere
PwC verwag Mboweni sal ’n formele aanduiding gee wanneer watter veranderinge aan die hersiende lys BTW-vrye items in werking sal tree.
2. Planne met brandstofprys
’n Taakspan van die nasionale tesourie en die departement van energie werk al maande aan ’n strategie om die uitwerking van die skerp stygende brandstofpryse op huishoudings en sakeondernemings te versag. PwC meen Mboweni sal iets moet sê oor hul vordering met dié werk.
3. Hersien fiskale besteding
Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër gesê sy ekonomiese stimulusplan sal gefinansier word deur hersiende besteding, so Mboweni sal te midde van druk op belastinginkomste iets moet sê hieroor. Die besteding moet skuif na wat die grootste invloed op werkskepping, ekonomiese groei en binnelandse vraag sal hê, met die klem op township- en landelike ekonomieë, vroue en die jeug.
4. Aansporings om indiensneming te stimuleer ná die werkberaad
Die regering het ná die onlangse werkberaad steun belowe om werkskepping te bevorder, soos om die bestaande belastingaansporing vir jeugindiensneming met nog tien jaar uit te brei.
5. Infrastruktuurfonds
Die mediumtermynbegroting sal die grondslag moet lê vir Ramaphosa se nuwe infrastruktuurfonds. Hy het belowe die staatskas sal oor mediumtermyn R400 miljard daarvoor gee.
David Maynier, DA-woordvoerder oor finansies, wil hê Mboweni moet die volgende ses uitdagings pak:
1. Verduidelik sy siening oor radikale ekonomiese transformasie, en spesifiek sy idees oor ’n staatsbank, ’n soewereine welvaartsfonds, en die uitbreiding van die staat se belange in die mynbousektor;
2. Bied ’n geloofwaardige plan om ekonomiese groei tot minstens 3% te verhoog deur strukturele hervormings aan te kondig wat belegging uit die private sektor sal verhoog;
3. Hou staatsfinansies op koers deur besteding omvattend te hersien en ’n geloofwaardige plan te bied om staatskuld teen of onder 50% van BBP te kry;
4. Herstel openbare vertroue deur aan te kondig dat Tom Moyane as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verwyder word en dat ’n nuwe aanstelling so gou moontlik gedoen sal word;
5. Kondig aan dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens in sakeredding geplaas word met die oog op privatisering of gedeeltelike privatisering; en
6. Maak die bepalings en voorwaardes van die vertroulike lening van R33,4 miljard van die Chinese Ontwikkelingsbank aan Eskom bekend.
Van die bankgroep FNB se kant verwag Mamello Matikinca, hoofekonoom, nie veel verrassings van die mediumtermynbegroting nie.
1. Wat interessant sal wees is om te sien by watter onderpresterende departemente word besteding gesny.
2. Sy verwag nie ’n afgradering deur die kredietgraderingsagentskap Moody’s ná die mediumtermynbegroting nie, want Moody’s neem reeds ’n mate van verswakking in die staatsfinansies in hul aannames in ag.
3. Matikinca verwag Mboweni sal klem lê op beter belastingvoldoening onder belastingbetalers en om doeltreffendheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te verbeter, want die tesourie het nie meer beweegruimte om belasting te verhoog nie.
4. Sy waarsku FNB verwag die staat se begroting vir staatsdienssalarisse sal vinniger groei as die verwagte gemiddelde van 7,3% oor mediumtermyn. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie