Begroting se katspoegie vir uitsaaier
Begroting se katspoegie vir uitsaaier

Begroting se katspoegie vir uitsaaier

In totaal kort die NBC sowat N$350 miljoen om sy bedryfsbegroting vir die huidige boekjaar te laat klop.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy



Sou die NBC toegelaat word om te herstruktureer, kan die ­nasionale uitsaaier minstens N$100 miljoen per jaar spaar.

“Elke jaar wat ons nié herstruktureer nie, mors ons meer as N$100 miljoen,” het die voorsitter van die NBC, mnr. Sven Thieme, gister aan Republikein gesê.

Thieme het gereageer op die bykomende geld wat die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, Dinsdag in sy halfjaar-­begrotingshersiening aan die NBC toegeken het.

In totaal kort die NBC sowat N$350 miljoen om sy bedryfsbegroting vir die huidige finansiële jaar te laat klop, sê Thieme.

Die NBC het die regering vir N$240 miljoen in die halfjaar-begrotingshersiening gevra. Hulle het N$54 miljoen gekry.

Om die NBC volhoubaar te laat voortbestaan, afleggings ingesluit, gaan rofweg tussen N$150 miljoen en N$160 miljoen kos, aldus Thieme.

Die uitsaaier het nie die geld daarvoor nie.



Vries van poste

Die vries van poste het reeds tot 'n verbetering in die NBC se geldsake gelei, het hy gesê.

Thieme het vroeër vandeesmaand in 'n brief aan die hoofsekretaris van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), mnr. Peter Nevonga, gesê die NBC se maandelikse bedryfskoste beloop sowat N$32 miljoen.

Die regering se subsidie aan die uitsaaier vir bedryfsuitgawes krimp egter voortdurend – van N$237 miljoen in 2014-'15 tot die sowat N$140 miljoen wat in Maart in die hoofbegroting vir 2019-'20 aan die NBC toegeken is.

Thieme het daarop gewys dat die NBC jaarliks meer as N$100 miljoen uit sy eie inkomste tot bedryfskoste bydra.

Teen die einde van Junie vanjaar was die NBC se totale skuld ongeveer N$150 miljoen. Weens onvoldoende befondsing van die regering groei dié bedrag maandeliks met gemiddeld N$15 miljoen, het Thieme gesê.

Die NBC se geldnood beteken dit is onder meer agterstallig met werknemers se mediese- en pensioenfondsbydraes. Werknemers se inkomstebelasting wat afgetrek is, is ook nie aan die ontvanger van inkomste oorbetaal nie.

Thieme het gister gesê hy is nie meer ontsteld oor die NBC-verknorsing nie; hy is net hartseer.

Die uitsaaier het soveel potensiaal wat ontgin kan word, sê hy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!