Begrotingtoekennings laat wenkbroue lig
Vrae ontstaan oor groot bedrae geld vir sekere projekte terwyl die nasionale geldnood voortduur.
Catherine Sasman – ’n Aantal buitensporige kapitaalprojekte wat by die onlangs aangekondigde nasionale begroting ingesluit is, laat die wenkbroue lig, as die tesourie se finansiële posisie in ag geneem word.
Die Namibiese ekonoom Roland Brown, onder andere, het in twiets gesê die N$56,8 miljoen wat in tye soos die vir die opgradering en opknapping van Staatshuis se infrastruktuur uitgesit is, dui op die regering se verwronge prioriteite.
Die geskatte totale koste vir die projek tot en met 2020, met ’n balans van N$63,2 miljoen om te voltooi, is na raming meer as N$120 miljoen. Dit beteken N$41,5 miljoen sal in die houdige boekjaar op die konstruksie, opknapping en verbetering van Staatshuis bestee word asook ’n verdere N$15,3 miljoen op haalbaarheidstudies, die ontwerp en toesighouding oor die projek.
Nóg ’n projek, van meer as N$303 miljoen, het nou wéér op die voorgrond getree - die bou van die Cape Fria-hawe in die Kunenestreek tydens die 2017-2020- bestedingsraamwerk vir die medium termyn (MTEF).
In die 2018-’19-boekjaar is meer as N$41 miljoen aan die projek toegestaan, met ’n verdere N$60 miljoen vir 2019-’20.
Brown het gesê dit is “eienaardig” dat die projek nou weer ter sprake gekom het, veral ná die Walvisbaaise hawe se uitbreiding ter waarde van N$3 miljard.
Die minister van finansies, Calle Schlettwein, het in Januarie gesê daar sal nie geld vir die haweprojek beskikbaar wees nie en dit net deur ’n openbare-private-vennootskap van stapel gestuur sal kan word.
Die Cape Fria-hawe sal volgens beplanning Namibië se derde hawe wees, saam met dié by Walvisbaai en Lüderitz. Volgens ’n lewensvatbaarheidstudie wat teen ’n koste van N$47 miljoen gedoen is, sal dit oor al die nodige infrastruktuur en dienste van ’n hawe beskik. Handelaars, die regering en die publiek sal glo almal voordeel uit die ontwikkeling trek.
Benewens die geld wat tot die 2019-’20-boekjaar hiervoor toegeken is, is daar nog N$196,8 miljoen uitstaande vir die projek.
Die regering beskou dit as belangrik vir nasionale ontwikkeling omdat die gebied verskeie toeriste lok en beduidende mineraleneerslae daar voorkom.
Kommer heers egter oor Chinese se mynregte in die gebied, met Namibia Eastern China Non-Ferrous Investment Holding wat die lisensie hou om ystererts naby Opuwo te myn asook Namibia Red Earths wat ’n mynlisensie het vir ’n oopgroefmyn en verwerkingsaanleg noordwes van Khorixas.
Kenners sê die tipe Chinese beleggings en infrastruktuurontwikkeling-projekte gaan gewoonlik gepaard met die bou van strategiese infrastruktuur-middelpunte. Gewoonlik tree gasheerlande, soos in hierdie geval Namibië, as borg of medeborg op.
Wat die MTEF-toekenning van meer as N$1,2 miljard vir die ministerie van verdediging se 21ste bataljon se personeel- en operasionele uitgawes betref , het Brown gesê: “Ek laat dit net daar, sonder kommentaar. . .”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie