Begunstigdes ontvang huise in Greenwell
Die Namibiese regering is toegewy tot die voorsiening van bekostigbare behuising in informele nedersetting.
Augetto Graig – Tien huise is Vrydag (25 September) in die Samora Machel-kiesafdeling in Windhoek se Greenwell Matongo-nedersetting aan begunstigdes oorhandig.
Dit is die eerste oorhandiging van opgegradeerde huise deur die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), ’n vennoot in die regering se informele nedersetting-opgraderingsprojek, wat die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, van uiterste belang beskryf.
Die eerste minister het gesê: “Die voldoende lewering van huise is ’n voorvereiste vir volhoubare ekonomiese ontwikkeling en welvaart.”
Volgens haar vaar die regering redelik goed om aan behuisingsteikens te voldoen wat in die Harambee-welvaartsplan (HPP) vasgelê is.
Met 16 464 laekoste-huise wat landswyd teen Maart gelewer is, is 82% van die teiken van 20 000 huise bereik, sê sy.
Verder is 89% van die teiken van 26 000 erwe vir behuising gelewer, met 23 194 erwe wat reeds toegeken is, volgens Kuugongelwa-Amadhila.
“Die nasionale behuisingsprojek het ’n agterstand van meer as 300 000 eenhede,” het sy gesê en die regering is bewus dat die voorsiening van huise en erwe, veral in stede en groter dorpe, bespoedig moet word.
Die opgraderingsprojek in informele nedersettings verbind die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, die Khomasstreekraad, die NHE en die Windhoek-munisipaliteit om teen Julie vanjaar 1 200 laekoste-huise te bou, sê sy.
“Ek is bly die projek word binnekort na alle plaaslike owerhede versprei,” sê sy.
By dieselfde geleentheid het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, gesê versnelde sekerheid van verblyfsreg, toegang tot dienste en sanitasie en ordentlike behuising, veral vir inwoners in Namibië se informele nedersettings, is sy prioriteit.
“Hoekom moet ons baie geld spandeer om maandeliks grond te koop, dienste te verskaf en als van vooraf te bou? Kom ons bou waar die mense bly en ons skakel al die sinkhuise uit. Kom ons begin hier,” het hy gesê.
Volgens die minister is verskeie pogings aangewend om Namibië se behuisingstekort te takel. Sy ministerie ondersteun spesifiek die samewerking tussen plaaslike owerhede en die Build Together-program, die Shack Dwellers Federation of Namibia, die buigsame grondprogram en die uitreiking van sertifikate van grondbesetting soos in Windhoek, sê hy.
“Die gemeenskap is belangrik om die sukses van enige ontwikkelingsinisiatief te verseker. 'n Huis het 'n eienaar nodig wat nie net 'n huis wil hê nie. Die eienaar moet besef daar is kostes aan ’n huis verbonde, en bereid wees om sy of haar rol te vervul deur hulself daartoe te verbind om die huis te betaal,” sê Uutoni. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie