Behati en Adam wys foto van nuwe baba
Behati en Adam wys foto van nuwe baba

Behati en Adam wys foto van nuwe baba

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die Namibiese model Behati Prinsloo en haar man, Adam Levine, het gister vir die eerste keer 'n foto van hul jongste babadogtertjie, wat in Februarie gebore is, met die wêreld gedeel.

Behati het hierdie foto van haar man en Gio Grace Levine op Instagram gedeel met 'n spesiale boodskap aan haar man en pa.

“Ons dogters is so gelukkig om jou hul pa te noem en ek is so gelukkig om jou as man, minnaar en vriend te hê. Ons is lief vir jou. Die lewe is beter met jou daarin.

“Aan my pa, dankie dat jy die beste voorbeeld is wat my gewys het watse man en pa ek eendag wil hê. Die manier waarop jy na ma kyk, is die manier waarop Adam na my kyk. Dankie dat jy die beste pa ooit is.”

Behati se pa, pastoor Boet Prinsloo, het in reaksie hierop gister aan Republikein gesê hy is baie trots op Behati.

“Ek is verskriklik dankbaar vir die invloed wat ek en haar ma op haar lewe gehad het en steeds het.” Hy het gesê hulle is baie betrokke by Behati, haar man en hul kleinkinders en gesels daagliks.

Behati en Adam is in 2014 getroud en het twee kinders, die eenjarige Dusty Rose Levine en Gio Grace Levine, wat in Februarie vanjaar gebore is. Behati het ook onlangs haar 30ste verjaardag gevier. Sy het op Grootfontein in Namibië grootgeword.– Netwerk24 en eie berig

Kommentaar

Republikein 2025-04-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer