Behati tooi Empire State-gebou vir bewaring
Ronelle Rademeyer - Ter viering van Wêreldwildlewedag gister het die kollig in New York onder meer op die bewaring van Namibië se swartrenoster geval.
Om dié dag te vier het die Namibies-gebore supermodel Behati Prinsloo as internasionale ambassadeur van die Save the Rhino Trust Namibia (STR) met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) en die sekretariaat van die Konvensie op die Internasionale Handel in Bedreigde Fauna en Flora (Cites), kragte saamgespan om bewusmaking te skep.
Sy het by die Empire State-gebou, die ikoniese New Yorkse landmerk wat danksy flieks soos King Kong en Sleepless in Seattle internasionale roem verwerf het, die skakelaar aangesit om die gebou in blou (lewe onder die water), groen (lewe op land) en goud (Afrika se grasvlaktes) te belig. ’n Afbeelding van ’n swartrenoster was deel van die ligspel.
Die tema van die viering van Wildlewedag 2020 was “Onderhou alle lewe op aarde”. Vanjaar word as die superjaar vir biodiversiteit beskou en merk ’n kritieke draaipunt in internasionale optrede om die natuur en die biologiese diversiteit op aarde te bewaar.
Die vieringe het klem gelê op wildlewe as ’n komponent van biodiversiteit, die voordele wat dit die mensdom bied, die gevare wat dit in die gesig staar en die dringende behoefte aan private en openbare verbintenisse tot die bewaring daarvan.
“Wildlewe word geweldig bedreig, selfs in my geboorteland Namibië waar die sinlose stroping van swartrenosters plaasvind,” het Prinsloo het in New York gesê.
“Ons as mense doen dit aan hulle (swartsenosters), maar ons het ook die mag om hierdie oeroue, edel spesie van uitwissing te red. Onmiddellike optrede is nodig om wildlewe te bewaar sodat ons kinders kan grootword met ’n verwondering en waardering vir ons ryk en diverse planeet.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie