Beheer u2013 waar dit nodig is
Beheer u2013 waar dit nodig is

Beheer – waar dit nodig is

Dani Booysen
Nou dat huurbeheerrade vir vyf groot residensiële sentra in Namibië aangestel is, is die groot vraag op baie inwoners se lippe: wat nou?

Argumente vir en teen sodanige ingryping was opnuut die onderwerp van Vrydag se leiberig in Republikein.

Kommer oor moontlike verreikende negatiewe gevolge wat na meer fronte van die ekonomie kan oorspoel, moet nie gering geag word nie. Niemand wil byvoorbeeld die totstandkoming van krotbuurte in die hand werk nie.

Terselfdertyd is daar landwyd klagtes oor buitensporige huur, dikwels veral ook in die land se gedyende informele nedersettings. Huurbeheer kan geen plaasvervanger wees om werklike oplossings vir die behuisingskrisis te vind nie.

Die kuns sal wees om uitbuiting aan te spreek sonder om ‘n demper op eiendomsontwikkeling te plaas en eiendomsregte aan te tas.

Huurbeheer sal kwalik gemotiveer kan word sonder behoorlike navorsing oor huidige praktyke en werklikhede in verskillende demografiese gebiede. Soos dinge nou lyk, moet mens egter wonder waar die geld hiervoor vandaan sal kom. So ‘n belegging is nietemin belangrik.

Vir diegene wat werklik hulp benodig, mag die aanstel van huurbeheerrade nie net ‘n politieke truuk wees om die kritiese stemme van onder meer die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) tydelik te probeer uitdoof nie. Daar is strukturele probleme wat aangespreek moet word.

Die huurbeheerrade moet Namibiërs baie spoedig inlig hoe die pad vorentoe lyk.

So sê ander

10 Desember 2018

The Guardian view on the EU: come together

European leaders will gather in Brussels this week and face questions about how responsive the continent’s political systems can be to the voters’ concerns.

No one is likely to be pleased with the response. The nettle of change remains ungrasped.

That is why the big proposals spearheaded by the French economist Thomas Piketty ought to be welcomed. Mr Piketty’s plan would see a tax-and-spend policy to quadruple, potentially, the EU budget by levying duties on wealthy individuals, big corporations and polluters.

There is an increasing awareness about the lack of fiscal and social justice in Europe. Despite the existential threat, so far the EU’s response has been thin on policies and vague on promises.

This is a serious error, given the divergence of living standards across the continent. What is needed are practical measures to give life to good intentions.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!