Behoed ons demokrasie
Behoed ons demokrasie

Behoed ons demokrasie

Dani Booysen
Die uitslag van Saterdag se tussenverkiesing in Oshakati-Oos baar bykomende sorge oor kiesersapatie en die moontlike gevolge vir November se algemene verkiesings.

Hoewel Swapo se kandidaat met 86% van stemme as wenner uit die stryd getree het, het net sowat 19% van meer as 18 000 geregistreerde kiesers deelgeneem. Die wenkandidaat verteenwoordig by implikasie net 16% van inwoners.

Kom ons laat enige moontlike tekortkominge aan die kant van die kieskommissie, die ECN, daar. En wonder nie oor die wysheid om tydens ‘n langnaweek verkiesing te hou nie.

Tradisioneel is die bywoning van tussenverkiesings baie laer as nasionale verkiesings en minder mense neem histories ook aan verkiesings vir streekrade en plaaslike owerhede deel – al is die owerheidsvlakke van minstens ewe groot belang.

Net meer as twee maande gelede was die opkoms tydens die tussenverkiesing in Ondangwa se stedelike kiesafdeling darem effens beter, maar ‘n ewe skrale 24%. In daardie verkiesing het Swapo se kandidaat 51% van stemme ontvang danksy teenstand deur ‘n sterk onafhanklike kandidaat, wat eintlik ook uit die regerende party se milieu gekom het. Daardie wenner praat werklik net namens 12% van inwoners.

Die twee verkiesings se uitslae wys die belang om kandidate van ‘n goeie kaliber te hê. Kandidate wat net enkele tientalle stemme op hulself kan verenig, dra min tot ‘n stemoefening by.

Die sirenes loei oorverdowend. Opvolgwerk is nodig om die redes vir swak bywoning te bepaal – sodat ons oplossings kan vind.

So sê ander

27 Augustus 2019

Hofuitspraak moet optrede inlui

Dat die Seriti-kommissie se duur ondersoek na die wapenskandaal nie die weg na omvattende vervolging vir korrupsie en staatskaping berei het nie, was lankal duidelik – buiten vir dié wat agter die gerieflike “bevindings” kon skuil.

Dit het ’n stryd geverg, maar die hooggeregshof se uitspraak wat die Seriti-kommissie se bevindings na die wapenskandaal ter syde stel, bevestig dat dié ondersoek ’n misoes was. En by implikasie die Zondo-kommissie se werk knou.

Wat nie ongedaan gemaak kan word nie, is die R137 miljoen wat die Seriti-kommissie gekos het (al is dit in Suid-Afrika kleingeld aan vermorste besteding) en die kans om staatsplundering tot by die bron van die kwaad, naamlik die wapentransaksie, na te speur en regsoptrede aan te beveel. Pleks hiervan het die kommissie – waarvan die 10 getuienisleiers saam R50 miljoen per jaar verdien het – hom as ’n ruggraatlose marionet laat misbruik om die verdagtes se dekmantel te dien.

Klarigheid ontbreek oor hoe Seriti, wat by sy verslag staan, aanspreeklik gehou en die onbevredigende werk afgehandel moet word.

Nog ’n kommissie gaan nog geld kos. Die “nuwe” nasionale vervolgingsgesag moet eers sy spore verdien. Die Zondo-kommissie steier reeds onder opgehoopte getuienis oor die land se korrupsie-las.

En die ANC-magstryd dreig om die presidensiële gesag lam te lê vanwaar beslissende optrede gebied moet word. Intussen stap ook die smalende wapentransaksie-bedrieërs skotvry rond.

• VOLKSBLAD/DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!