Behoeftige kinders na aan sy hart
Johannes Mateus gee 95% van sy salaris vir sy roeping om vir kinders ’n opvoeding te verseker.
Tanja Bause – “Ek sê altyd vir die onderwysers van die Kid-Care Kollege dat die Here my met een kind geseën het sodat ek vir baie behoeftige kinders in ons gemeenskap kan sorg,” sê Johannes Mateus (42), stigter van die Kid-Care Kollege in die hoofstad se informele nedersetting, Goreangab.
Johannes is in Oshikuku gebore. Hy het in die Okatana-nedersetting grootgeword en het ook daar sy skoolloopbaan voltooi.
“Ná skool was ek vir ’n jaar lank die bibliotekaris by die St. Boniface Kollege op Rundu, voordat ek vir drie jaar by dieselfde skool onderrig het. Daarna het ek vir vyf jaar by die Sekondêre Skool St. Therese op Tses skoolgegee en sedert 2020 is ek by die Sekondêre Skool PK de Villiers op Keetmanshoop.”
Volgens Johannes kan ’n mens nooit te veel leer nie en is opvoeding nie net ’n mensereg nie, maar uiters belangrik. Terwyl hy as onderwyser gewerk het, het hy ook ’n graad in sake-administrasie van die destydse Politegnikum van Namibia (nou Nust) ontvang.
Hy het ook ’n diploma in sekondêre onderwys en ’n diploma in onderwysleierskap en -bestuur van die Universiteit van Namibië (Unam) agter die blad. Tans is hy besig met ’n Baccalaureus in Entrepreneurskap by Unam.
“Ek het al my studies gedoen terwyl ek gewerk het. Ek hou daarvan om onder druk te wees; dit laat my harder werk.”
SY KINDERGARTEN
In Januarie 2019 het hy die Kid-Care Kollege begin.
“Ek het besluit om kollege met ’n K te skryf omdat dit terselfdertyd vir kindergarten staan. Ek het die kindergarten met N$15 000 van my spaargeld begin om die behoeftige kinders van die informele nedersetting te help oplei.”
Sedert die ontstaan van die kollege gee Johannes elke maand 95% van sy salaris sodat die kinders ’n opleiding kan ontvang en die deure kan oop bly.
“Ek skenk steeds elke maand 95% en ek voel wanneer ek gee, kry ek baie meer terug, aangesien ek nooit iets kortgekom het vir my daaglikse oorlewing of vir my gesin nie.”
Aan die begin was daar 43 kinders en vier onderwysers.
“Die getal het egter vinnig aangegroei en in Maart 2019 het ons 54 kinders gehad. Ons het die jaar met 78 kinders afgesluit. Vandag het ons 96 kinders en sewe onderwysers.”
Namate die aantal kinders toegeneem het, het die uitdagings ook vermeerder.
“Ek sit tans met ’n lys van 12 behoeftige kinders wat plek soek. Ons kan hulle egter nie akkommodeer nie, omdat ons finansiële hulpbronne tot hulle maksimum gerek is.
“Ons sal baie graag elke kind wil help wat aan ons deur klop, maar dit is net nie realisties nie. Dit kos my ongeveer N$190 per kind per maand om te verseker dat hul basiese onderwysbehoeftes gedek is. Hul behoeftes sluit handreinigers, onderrig- en leermateriaal asook items vir spesiale dae soos Paasfees, gradeplegtighede en toekenningsgeleenthede in. Elke kind verdien om nou en dan bederf te word en om erkenning te kry wanneer hulle goed vaar.”
Die kindergarten versorg ook babas van jong ma’s sodat hulle skool of universiteit toe kan gaan. Hulle bied nasorg aan vir kinders van studente wat klas toe moet gaan.
Daar is ook ’n speelpark vir al die kinders van die omgewing.
“Ouers los hul kinders by ons as hulle dorp toe moet gaan. Ook op geleenthede soos Onafhanklikheidsdag nooi ons alle kinders om hier te kom speel. Kinders vergeet dalk wat jy hulle geleer het, maar hulle sal nooi vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.
“Kid-Care Kollege was aanvanklik net vir kinders van een tot ses jaar. Vanjaar het ons egter versoeke van talle ouers gekry wat nie vir hul kinders in graad 1 plek gekry het nie. Nadat ek met die onderwysers en die skoolraad gesels het, het ons besluit ons moet help.
“Ons het onmiddellik ons bestaande infrastruktuur aangepas om twee klaskamers vir graad 1 te skep. Daar is tans 28 kinders in die klasse, maar ons verwag dat die getal voor die einde van Februarie sal toeneem.”
Aangesien Johannes op Keetmanshoop ’n onderwyser is, word die kindergarten deur die skoolraad en hoofonderwyser bestuur. Johannes word op hoogte gehou van die behoeftes of stappe wat geneem moet word.
“Die lede van die skoolraad is lede van die gemeenskap wat ’n hart vir kinders het. Al ons onderwysers is gesertifiseer in vroeë kinderontwikkeling deur Namcol of die Institute for Open Learning (IOL) en hulle almal is verbind tot die ontwikkeling van die kinders.”
Sy hoofaktiwiteite by die kindergarten sluit nou in om skenkings en finansiering te kry, om advies te gee en om oor naweke en skoolvakansies die onderwysers verder op te lei.
DROME
“My droom is om my lewe lank ’n betekenisvolle impak in die lewe van kinders te maak. Om soveel behoeftige kinders as moontlik te kan help. My grootste wens is om die 12 kinders op ons waglys te kan akkommodeer. As ek net N$190 per kind per maand kan kry, kan ek vir hulle plek maak.”
Volgens hom was hy in Rooms-Katolieke skole opgelei en het hy vir baie jare by hulle skoolgegee. Sy liefde vir kinderopleiding en kinders is daar gekweek.
“Hoewel beide my ouers dood is, het hulle my baie geleer, dinge wat ek vandag steeds waardeer en in my lewe toepas.
“Alles wat ek vandag vir die kinders in my gemeenskap doen, is iets wat ek by my ouers geleer het. Dit is van my ouers se invloed, in wie se huis ek grootgeword het met soveel kinders van verskillende onbekende families uit ons nedersetting wat altyd almal dieselfde in die huis behandel is.”
In ons daaglikse strewe om dit wat goed is vir kinders te bewerkstellig, moedig ek die onderwysers aan om hulle nie veel oor môre te bekommer nie, want die Here sal voorsien,” het Johannes gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie