Behuising oorweeg huur-tot-eie model
Behuising oorweeg huur-tot-eie model

Behuising oorweeg huur-tot-eie model

Ogone Thlage
Ogone Tlhage – Die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) ondersoek tans die moontlikheid om ’n huur-tot-eie ooreenkoms in werking te stel, maar het nog nie aangedui wanneer ’n besluit hieroor geneem sal word nie.

Die onderneming het verlede week met rolspelers vergader om ’n oorsig oor projekte te kry waarby hy betrokke was sedert sy massabehuisingsmandaat in 2015 ten einde geloop het.

Mnr. Gisbertus Mukulu, die NHE se uitvoerende hoof, het tydens die vergadering gesê hulle oorweeg dié model as ’n moontlike oplossing vir die huidige tekort aan bekostigbare behuising.

“Die opsie om te huur is wel iets wat ons bespreek het,” het hy aan rolspelers gesê.

’n Huur-tot-eie ooreenkoms behels dat ’n individu ooreenkom om ’n betrokke eiendom vir ’n bepaalde tyd te huur, met die opsie om dit te koop voor die huurkontrak verstryk.

Huur-tot-eie ooreenkomste sluit ’n standaard huurooreenkoms in, asook die opsie om die eiendom later te koop.

Huur word vir die tydperk van die kontrak betaal, en in sommige gevalle word ’n persentasie van die betaling vir die verkoopprys aangewend.

Volgens Mukulu was daar ’n betekenisvolle behoefte aan die verskaffing van meer as 90 000 huise landswyd.

Volgens data van die NHE was 20 082 huise in aanvraag in die Noorde, 30 778 aan die kus en 31 237 in die sentrale dele van die land.

“Daar is ’n waglys vir meer as 90 000 huise. Altesaam 17 113 huise is sedert die NHE se begin gebou en 1 468 huise is onder die massabehuisingsprojek gebou,” het hy gesê.

Ondanks die reusetekort aan bekostigbare behuising het die NHE daarin geslaag om sy leningsboeke betekenisvol te versterk, het Mukulu gesê.

Volgens hom het dit nou al die miljard dollar-kerf verbygesteek wat die totale waarde betref.

Volgens Mukulu is dit heelwat meer as die N$452 miljoen wat in 2016 aangeteken is, terwyl agterstallige gelde van 5,95% in 2016 tot 4,9% gedaal het.

Mukulu het gesê die NHE voorspel ’n geskatte groei van 15% vir die jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!