Behuisingsnagmerrie spook by Henties

Adolf Kaure
Adolf Kaure op Hentiesbaai

'n Lid van die publiek wat anoniem wou bly, het Hentiesbaai se munisipaliteit beskuldig van nalatigheid en korrupsie wat voortspruit uit die dorp se betreurenswaardige, goedkoop behuisingskema.

Volgens die bron word belastinggeld in die implementering van die projek verkwis.

“Die munisipale raad het deur die jare só korrup geword dat hulle nie eens omgee oor die lewens van hul inwoners nie. Hierdie projek is 'n groot katastrofe!”

Die bron het voorgestel die na beweerde swak geboude strukture word gesloop om moontlike lewensverlies in die toekoms te vermy. “Kinders speel buite in die woestyn, en afgesien van twee buitemure wat reeds ineengestort het, is daar 'n binnemuur wat op die punt staan om om te val. As so 'n muur op 'n kind val, is dié kind beslis dood.”

Die bron het na bewering eerstehandse inligting oor geld wat aan die kontrakteur betaal is, waardeur raadslede en senior amptenare glo by dié korrupte ooreenkoms baat.

“Ek het genoeg inligting om die Hentiesbaai-dorpsraad te ontmasker en te verseker dat ons van hulle ontslae raak, maar vir nou vra ons júlle om die helde te wees. Red die inwoners en ontmantel die projek.”

Toe die burgemeester van Hentiesbaai, mnr. Lewies Vermaak, om kommentaar genader is, het hy gesê in sy hoedanigheid hanteer hy slegs die politieke aspekte van die munisipaliteit, en het navrae na die uitvoerende hoof verwys.

Die uitvoerende hoof, me. Elizabeth Coetzee, kon nie om kommentaar bereik word nie, aangesien haar selfoon ná talle pogings om haar te kontak onbeantwoord gebly het. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!