Bejaarde keiser Akihito skimp oor abdikasie
Bejaarde keiser Akihito skimp oor abdikasie

Bejaarde keiser Akihito skimp oor abdikasie

Estelle de Bruyn
Keiser Akihito van Japan het gister gesê sy gevorderde ouderdom en verswakkende gesondheid bring mee dat hy nie meer in staat is om sy pligte na te kom nie.
Hy het sodoende die tafel gedek ter voorbereiding van ’n geskiedkundige abdikasie.
Indien die 82-jarige Akihito abdiker, sal dit die eerste abdikasie in twee eeue van die Krisant-troon wees.
Akihito het baie vaag gepraat en nooit die woord abdikasie genoem nie. Hy het op die wetlike beperkinge gewys wat hom verhoed om uitsprake oor die imperiale stelsel te lewer.
Sy opmerkings gee die regering nou die geleentheid om die wetlike meganismes vir die keiser se uittrede voor te berei.
Indien hy sou uittree, sal sy deur sy oudste seun, kroonprins Naruhito, opgevolg word. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!