Bejaarde se appèlaansoek afgewys
Kristien Kruger – 'n Bejaarde man (73) wat in Augustus skuldig bevind is aan die moord op sy skoonseun, asook aan twee klagte van aanranding en tot 14 jaar tronkstraf gevonnis is, se appèlaansoek is Woensdag in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.
Donald Bruwer en sy regsverteenwoordiger, mnr. Winnie Christiaans, het geappelleer teen sy skuldigbevinding aan moord, sy skuldigbevinding op een klag van aanranding en sy vonnisoplegging met betrekking tot die twee klagte van aanranding waar hy ses maande tronkstraf vir elke klag ontvang het. Regter Orben Sibeya het al drie appèlle afgewys.
Die staat het ook 'n appèlaansoek teen Bruwer se onskuldigbevinding aan die klag van poging tot moord ingedien. Dié aansoek is ook van die hand gewys.
Die saak is van die rol geskrap en die regter se redes vir sy uitspraak is nog nie bekend nie, maar sal binnekort vir albei applikante op die elektroniese regstelsel beskikbaar wees.
Bruwer het 20 jaar tronkstraf vir die moordklag ontvang en ses maande onderskeidelik vir die twee klagtes van aanranding. Sy vonnis is egter met ses jaar opgeskort en die een jaar tronkstraf vir aanranding sal samelopend uitgedien word met sy 14 jaar vonnis.
Tydens Bruwer se vonnisoplegging het Sibeya gesê sy ouderdom en opregte berou het tot 'n versagte vonnis gelei.
AGTERGROND
Bruwer het tydens 'n familietwis in November 2014 by hul woonplek in Schlip naby Mariental, sy stiefdogter se man drie keer geskiet – twee keer in sy lyf en een keer op sy ken.
Hy het onskuldig gepleit en beweer dat hy die oorledene, Henry Mouton (43), uit selfverdediging geskiet het, maar die hof het Bruwer se weergawe van gebeure verwerp.
Die staat het beweer Bruwer het Mouton se vrou op dieselfde aand van die moord in die skouer geskiet en daarom aangevoer hy moet ook op poging tot moord skuldig bevind moet word.
Bruwer het beweer sy het in hom vasgehardloop en hy het per ongeluk die wapen afgevuur.
Die hof het hom onskuldig bevind op die klag van poging tot moord.
Bruwer het erken hy het sy vrou daardie aand geklap, maar ontken hy het ooit sy kleindogter geklap. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie