Bejaarde vrou op plot aangeval
'n Pistool sonder 'n reeksnommer en ammunisie is deur 'n aanvaller agtergelaat.
Henriette Lamprecht
'n Bejaarde vrou is Saterdag vroegoggend op haar plot in die Usakos-omgewing aangeval en beroof.
Volgens die hoof van misdaadondersoeke vir die Erongostreek, adj. komm. Erastus Ikuyu, is die 72-jarige vrou omstreeks 05:00 deur 'n enkele aanvaller in haar kamer oorval. Die aanvaller het die huis deur 'n oop badkamervenster binnegekom. Volgens Ikuyu het die aanvaller haar gewurg en verskeie kere in die gesig geslaan.
“Die slagoffer kon daarin slaag om uit haar aanvaller se greep te ontsnap,” het Ikuyu gesê.
Volgens hom het die aanvaller met N$4 200 in kontant gevlug wat in die slagoffer se handsak in die kombuis was. Hy het egter 'n ou pistool sonder enige patrone en waarvan die reeksnommer afgevyl is, asook 'n koevoet op die plot agtergelos.
Ikuyu sê die bejaarde vrou is per ambulans na die staatshospitaal op Usakos vir behandeling geneem. Sy is in 'n stabiele toestand. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Intussen wag die polisie in die streek op die uitslae van die nadoodse ondersoek om te bepaal hoe 'n paramedikus gesterf het wie se verbrande liggaam Woensdag aan die kus gevind is. Die liggaam van die 28-jarige Warrick Ian Fortuin is Woensdagnamiddag in die gebou van die ou waterpompstasie langs die Swakoprivier oos van Kramersdorp op Swakopmund gevind.
Volgens Ikuyu word Fortuin se dood steeds as 'n moord hanteer. Ikuyu sê die nadoodse ondersoek word Dinsdag in Windhoek uitgevoer en sal meer lig werp oor die oorsaak van Fortuin se dood. Sy liggaam is deur drie mans ontdek. Langs sy liggaam het 'n wit selfoon en ook 'n pakkie sigarette gelê. Fortuin is wyd op sosiale media deur vriende uitgesonder as 'n “besondere mens”, iemand met 'n “goue hart wat menselewens red” en 'n “vriend duisend”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie