Bejaardes kry afslag op krag
Die hoofstad se burgemeester het gesê onderbrekings in watervoorsiening word veroorsaak deur waterpype wat weens veroudering bars.
Henriette Lamprecht – Senior burgers met voorafbetaalde elektrisiteitmeters in Windhoek kwalifiseer vir 30% se afslag op hul kragtariewe.
Volgens mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se burgemeester, is die raad tans besig om pensioenarisse deur die departement van elektrisiteit hiervoor te registreer.
Hy het beklemtoon slegs bejaardes met voorafbetaalde elektrisiteitsmeters sal vir die 30%-afslag kwalifiseer.
In die lig hiervan word pensioenarisse aangemoedig om vir die installering van voorafbetaalde meters aansoek te doen.
’n Pensioenaris wat kwalifiseer, moet op die eiendom woon, en net een eiendom kan voordeel uit die afslag trek.
Registrasies kan by munisipale kantore se kliëntedienste registreer. Pensioenarisse sal jaarliks vir dié afslag moet registreer.
Met verwysing na openbare vergaderings het Kazapua ’n beroep op inwoners gedoen om die vergaderings by te woon omdat dit die enigste manier is waarop die stadsraad in voeling kan bly met die behoeftes van inwoners wanneer beplanning en implementering van projekte gedoen word.
Kazapua het tydens die opening van die jongste stadsraadsvergadering ook die junior stadsraad vir 2019-’20 aangekondig, wat op 10 Junie amptelik ingehuldig sal word.
Volgens hom het die junior stadsraad ‘n belangrike platform geword waar jongmense hul burgerlike plig en patriotisme kan uitleef.
Met verwysing na verskeie onderbrekings in watervoorsiening in die hoofstad die afgelope tyd het Kazapua gesê dit word veroorsaak deur waterpype wat toenemend as gevolg van verouderde infrastruktuur bars.
Ook is verskeie oproepe ontvang van rioolpype wat bars en mangate wat oorstroom en ‘n gesondheidsrisiko vir inwoners inhou.
Hy het ‘n beroep op inwoners gedoen om geduld aan die dag te lê terwyl herstelwerk gedoen word en die stadsraad ‘n blywende oplossing ondersoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie