Bejaardes op plaas by Otjiwarongo aangeval, beroof
Ronelle Rademeyer – Twee bejaardes sterk in 'n private hospitaal op Otjiwarongo aan ná 'n plaasaanval gisteraand wes van dié dorp.
Die bejaarde eienaar van die plaas Aberfelde buite Otjiwarongo was laasnag vir bykans 12 ure saam met sy lewensmaat in hul slaapkamer vasgebind nadat vyf mans hulle aangerand en van ‘n groot bedrag kontant, vuurwapens en selfone beroof het.
Dié plaas is wat 30 km wes van Otjiwarongo langs die teerpad na Kalkfeld geleë.
Mnr. Jochen Gomoll (76) en me. Christine Riedmaier (ouderdom onbekend) word tans in die Mediclinic private hospitaal op Otjiwarongo vir ontbering en geringe beserings behandel.
Mnr. Marlon Bayer, stigterslid van die buurtwag op Otjiwarongo, sê die plaasaanval het vanoggend aan die lig gekom toe ’n werker op die plaas die bejaardes in hul slaapkamer ontdek en hulp ontbied het.
Bayer en die polisie het kort daarna op die plaas aangekom.
Dit blyk Gomoll was al kamer toe om te gaan slaap toe Riedmaier, wat nog buite langs die vuur gesit het, deur die mans oorval is. Vier van die vyf aanvallers was gewapen.
Die egpaar is vasgebind, waarna geld en vuurwapens saam met dokumente soos hul paspoorte uit die kluis gesteel is.
Bayer sê die mans het daarna te voet in die rigtng van Otjiwarongo gevlug. “Hulle het langs die pad die jaggewere en dokumente neergegooi en is net met die kontant, ’n rewolwer en twee selfone verder vort.”
Dit blyk hulle is sowat 3 km vanaf die plaasopstal deur ’n voertuig opgelaai.
Mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die Otjiwarongo Boerevereniging asook die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), het plaaseienaars in die omgewing vanoggend op ’n WhatsApp-groep versoek om waaksaam te wees en op die uitkyk te wees vir mense wie se optrede verdag voorkom.
Hy het ook gesê die kameranetwerk op Otjiwarongo word tans gemonitor in ‘n poging om die voertuig waarmee hulle vervoer is, op te spoor.
Argieffoto ter illustrasie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie