Bejaardes samel self in vir hul hysbak
Tanja Bause – Bejaardes van die Auas Hills-aftreeoord in Windhoek het besluit om moue op te rol en self geld vir ’n hysbak by die oord in te samel. Aan die stuur van die hysbakprojek staan me. Trix Cilliers en Monika Barnard van die Sosiale Klub.
In Februarie 2017 is Projek Hysbak deur die komitee van stapel gestuur en in Junie vanjaar is die hysbak bestel en die installasie het begin.
Die projek kos N$710 000 en die twee vroue en hul helpers het N$529 000 deur verskillende projekte ingesamel. Skenkings wat ingekom het van mense uit die gemeenskap en besighede beloop N$215 000, wat beteken die sosiale klub het tans N$744 000 in hul rekening.
“Ons het pannekoek verkoop, markdae gereël, funksies en konserte gehou, braaivleis verkoop en kaartjies vir ’n gelukstrekking verkoop om die geld in te samel en nou het ons dit,” het Cilliers gesê.
Die oorblywende geld word nou gebruik om ’n afdak op te rig.
“Die mense moet ’n ent vanaf die gemeenskapsaal tot by die hysbak loop en as dit reën sal dit nie baie aangenaam wees nie. Dus ons het besluit om ’n afdak op te rig en gaan weer van nuuts af begin werk om die nodige N$100 000 daarvoor in te samel,” het Barnhard gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie