Bejaardes vier Mandeladag
Maria Eiseb - Die bejaardes van die Senior Park- en Katutura-ouetehuis in Windhoek het Dinsdag, op Mandeladag, hul 67 minute vir liefdadigheid saam met werknemers van First National Bank Namibia (FNB) en die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat, geniet.
Volgens me. Revonia Kahivere, bestuurder van korporatiewe maatskaplike welsyn by FNB, is hul stigting op minderbevoorregtes in die gemeenskap gemik.
Kahivere het gesê die bank se personeel samel items en geld in om by die stigting se skenkings te voeg.
Vir Mandeladag is meer as N$25 000 ingesamel en die geld is gebruik om die twee geisers by Senior Park, wat al 'n geruime tyd stukkend is, te herstel en ook om kos en skoonmaakmiddels aan die twee ouetehuise te skenk.
Die kosskenking het onder meer sop, beskuitjies, ingelegde groente en lekkers ingesluit.
Tydens die oorhandiging by Senior Park het Kahivere gesê niemand wil in die winter in koue water bad nie, en wintertyd het almal altyd “'n ekstra honger kol”.
Tannie Anna Smith het gesê sy moes vir byna vier jaar ketels met warm water na die bad toe aandra.
“Ek het dit so moeilik gehad. As ek water ingooi en nog gaan haal, was alles yskoud en ek moes lank wag,” het sy gesê.
'n Ander inwoner het gesê die geiser se kleppe was stukkend en dit het soos die Augrabies-watervalle gevloei.
“Dit het 24 uur van die dag gevloei,” het hy gesê.
Oom Cornelius Beukes (77) van Senior Park het die skenkers bedank. Hy het gesê in hul nood het hulle tevergeefs by baie deure om hulp aangeklop, maar “die Here doen dinge op spesiale maniere”.
“Julle het gekom en liefde betoon,” het hy gesê.
Inwoners van die Katutura-ouetehuis is bederf met 'n voetwas en radiografiestudente van die Universiteit van Namibië (Unam) het hul naels mooi geverf.
Tydens die oorhandiging van die skenkings het me. Yvette Myakayaka-Manzini, die Suid-Afrikaanse kommissaris vir Namibië, gesê dit sou Mandela se 99ste verjaardag gewees het en daarom is besluit om vanjaar se 67 minute aan bejaardes te wy.
“Ons wou iets anders doen, in plaas van om net kos en alledaagse goed te skenk. Hulle moet ook mooi lyk en spesiaal voel,” het sy gesê.
Ouma Christina Maritz (71) van die Katutura-ouetehuis het gesê hulle voel lekker – veral ná hul voete in warm water gewas, ingesmeer en geverf is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie