Bek-en-klouseer met streng reëls beveg
'n Ernstige versoek is gerig vir die inenting van alle beeste sodat die uitbrekings van bek-en-klouseer in die Noorde nie versprei nie.
Ronelle Rademeyer – Boere in die noordelike streke is versoek om al hul vee teen bek-en-klouseer te laat inent as deel van 'n uitgebreide inentingsveldtog waarmee die direktoraat veeartsenydienste (DVS) tans uitbrekings in nege kiesafdelings bestry.
'n Uitbreking is op 28 September verlede jaar in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango-Oos opgemerk.
Dit het sedertdien weswaarts na agt ander kiesafdelings versprei en is nou in Kavango-Wes, asook in die Ohangwena-, Oshikoto- en Oshanastreek aanwesig.
Dr. Albertina Shilongo, hoofveeartsenybeampte by DVS, sê buiten vir die geraakte streke is aanliggende streke soos Omusati en Kunene se noordelike deel, asook die Tsumkwe-gebied in die Otjozondjupastreek tot siektebeheergebiede verklaar.
Die beheermaatreëls behels die inenting van alle beeste. Die aankondigings van waar en wanneer word deur DVS gemaak.
“Inenting is een van die mees doeltreffende maniere om hierdie siekte te beheer en 'n dringende beroep word op boere gedoen om al hul beeste te laat inent,” sê Shikongo.
As deel van behoorlike monitering, word boere in hierdie dele ook versoek om hul beeste vir inspeksies te neem wanneer die veeartsenybeamptes dit versoek.
Intussen mag diere nie na hierdie siektebeheergebiede vervoer, die gebiede verlaat of binne die gebiede verskuif word nie.
OMVATTENDE REGULASIES
Diere mag wel vervoer word wanneer dit direk na abattoirs gaan. In die geval van Kavango-Wes en -Oos, mag diere vervoer word om geslag te word as bewys van inenting gelewer kan word (dit moes tussen 30 dae en ses maande tevore plaasgevind het).
Die beeste moet ook vooraf geïnspekteer word, waarna dit binne 72 uur geslag moet word.
Verder moet 'n amptelike veeartsenybewegingspermit uitgereik word.
Geen beeste sal egter toegelaat word om die krale en nedersettings waar die uitbrekings voorkom, te verlaat nie.
Shilongo sê in 'n verklaring diereprojekte soos rou vleis en ongepasteuriseerde melk, onbehandelde velle en huide, en onverwerkte wildtrofeë, veevoer, ongekookte wildespinasie asook akasiapeule mag nie in of uit die siektebeheergebiede vervoer word nie.
Die vervoer van bees- en skaapmis en ongekookte wurms (omahandja) binne en uit hierdie gebiede is ook verbode.
Om seker te maak mense gee hieraan gehoor, is padblokkades binne hierdie gebiede opgestel en toesighouers patrolleer die gebiede.
Diere wat in veeartsenybeheerde kwarantynkampe was voordat die siekte uitgebreek het, mag vervoer word.
Diere mag ook vir slagdoeleindes vanaf bek-en-klouseer vrye gebiede na die siektebeheergebiede vervoer word, mits dit binne 72 uur geslag word.
Die vervoer van kleinvee vanaf bek-en-klouseer vrye gebiede en binne die beheergebiede vir slag- sowel as teeldoeleindes, is toelaatbaar. Die vragmotors moet egter geseël wees.
Lewende diere met gesplete hoewe mag deur beheergebiede vervoer word as die voertuie waarop dit vervoer is, deur veeartsenydienste geseël is. Die op- en aflaai van dié diere moet onder amptelike toesig geskied.
Rou vleis mag vanuit bek-en-klouseer vrye gebiede na siektebeheergebiede geneem word, maar dan moet dokumente wat die oorsprong van die vleis staaf, getoon kan word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie