Bekamp tabakskade
Die media is ingespan om inligting oor alternatiewe nikotienleweringstelsels in Afrika te versprei.
Augetto Graig - Navorsing van 2015 dui aan 12,3% van seuns en 11,3% van meisies in Namibië tussen die ouderdom van 13 en 15 rook daagliks tabak in een of ander vorm.
Mnr. Ade Adeyemi, 'n kenner van menslike gedrag, het dié syfers van die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) verskaf. Pogings om die skade van tabak en sigaretrook wêreldwyd te verminder het verlede week gelei tot 'n konferensie vir media van oral oor Afrika in Naivasha, Kenia. Die byeenkoms is gehou onder die tema "Vermindering van Tabakskade: Na 'n rookvrye wêreld". Joernaliste van 14 Afrikalande, hoofsaaklik uit oostelike en suidelike Afrika, is byeengebring om die boodskap teen die rook van tabak te versprei en te versterk.
Volgens Adeyemi is die jeug kritiek in die bekamping van nie-oordraagbare siektes en die voorkoming van voortydige dood in Afrika, in terme van die Afrika-unie se Agenda 2063 en die VN se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s). Hy sê die WHO-navorsing dui aan teen 2025 sal daar 1,1 miljard mense wees wat rook, met vinnige verhogings van getalle in spesifieke lande, veral onder mans in Afrika.
“Sterk digitale nuuskantore kan die jeug bereik. Ons benodig massiewe aksie in Afrika, en om te leer van wat reeds elders gewerk het,” sê hy.
MIKPUNTE
Adeyemi vra vir massiewe aksie om die situasie op die vasteland te red.
Die VN se teiken is 'n 30%-vermindering van tabakgebruik wêreldwyd teen 2030.
Nog 'n gasspreker by die konferensie was mnr. Aliou Goloko, sekretaris-generaal van REJOiNT, 'n netwerk van joernaliste in Wes-Afrika wat spesifiek die tabak- en nikotienindustrie in daardie streek monitor. Met teenwoordiges uit 15 Franssprekende lande se media, werk lede van die netwerk saam om regerings en tabakmaatskappye verantwoordelik te hou vir die skade van rook.
Goloko sê sy organisasie, wat verlede jaar gestig is, verskaf tans 'n stem vir Afrika in die tabakgesprek wêreldwyd. Ná die konferensie is 'n soortgelyke groep vir deelnemers uit oostelike en suidelike Afrika gestig.
Dr. Tendai Mhizha het op haar beurt gepraat oor die WHO se raamwerkkonvensie vir die beheer oor tabak wat sedert 2015 spesifieke teikens vir die daling van tabakgebruik in die wêreld gestel het.
Alhoewel die raamwerk voorsiening maak om tabakgebruik te monitor, mense te waarsku, te beskerm teen rook en te help om op te hou rook, meen sy 'n beleid om die skade van tabakrook te verminder, is gebrekkig. In die opsig stel die ses grootste tabakmaatskappye, wat gesamentlik US$600 miljard van die nywerheid se US$800 miljard-waarde verteenwoordig, voor dat verbruikers meer aandag gee aan e-sigarette, "vape", elektroniese E-Hookah- en E-Shisha-produkte.
Volgens Mhizha, 'n ervare navorser en sakevrou, is hierdie elektroniese en alternatiewe nikotienleweringstelsels 'n bewys dat die tabakbedryf die wêreld se gesondheidskrisis erken en wil takel. Sy sê die nuwe tegnologie verskaf nikotien aan verbruikers sonder die skadelike verbranding wat met tradisionele sigaretrook gepaard gaan. “Mense rook vir die nikotien, maar sterf weens die teer,” sê sy.
"Die nuwe tegnologie bied die tabakindustrie die geleentheid vir 'n inkomstestroom wat nie mense doodmaak nie," sê sy.
NUWE PRODUKTE
Alhoewel meer navorsing oor die nuwe produkte nog nodig is, sê Mhizha daar is tans geen werklike ondersteunende bevindings dat elektroniese metodes tot skade lei nie.
Inteendeel, sê sy, navorsing in Julie 2017 deur die Britse departement vir gesondheid en 'n rookvrye geslag, ondersteun die gebruik van elektroniese stelsels, terwyl die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie (FDA) ook onlangs beperkings op e-sigarette opgehef het.
“Die mees gevorderde wetenskaplikes doen tans die navorsing, maar ons moet die lewensvatbaarheid van die uitfasering van kommersiële verkope van sigarette heroorweeg, en ons moet toegelaat word om alternatiewe produkte te maak wat verbruikers gee wat hulle wil hê,” sê sy.
Volgens haar is huidige wetgewing in Afrika te streng oor produkte wat skade kan verminder. Adeyemi ondersteun Mhizha se standpunt:“Die wêreld beweeg na 'n rookvrye toekoms - of ons nou daarvan hou of nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie