Bekamping van virus word ondermyn
Immunisering teen Covid-19 word gelei deur voldoende mediese en wetenskaplike prosedures wat die ministerie streng volg.
Henriette Lamprecht – Die ontwikkeling, ontplooiing en opname van entstowwe teen Covid-19 is opgesuig in 'n tornado van verkeerde inligting, aangevuur deur maklike en alomteenwoordige toegang tot die sosiale media.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het in gesprekke met geestelike leiers oor waninligting oor entstowwe gesê dit wissel van “onskuldige, verkeerde inligting” wat versprei word tot “aktiewe, opsetlike, aggressiewe en misleidende inligting” met niks anders as slegte bedoelings nie.
Volgens Shangula het Covid-19 twee parallelle pandemies veroorsaak – 'n biologiese pandemie en 'n sosiale pandemie van waninligting (infodemie) wat oor sosiale netwerke versprei en die pogings ondermyn om die biologiese pandemie te probeer hokslaan.
Volgens Shangula het dit die mees verwoestende uitwerking op die voortgesette pogings om die pandemie in Namibië en ook die res van die wêreld te bestry.
“As gevolg hiervan is lewens verloor wat gered kon word. Lyding word vererger met verwoestende gevolge vir families en gemeenskappe,” het Shangula gesê.
Hy het verwys na boodskappe wat daarop gemik is om entstowwe te diskrediteer, veral die veiligheid en doeltreffendheid daarvan en wat immunisering in 'n negatiewe lig plaas.
“Dié boodskappe wat waninligting oor entstowwe versprei, word deur miljarde mense oraloor die wêreld gesien en gedeel en Namibië is geen uitsondering nie.”
Shangula het 'n beroep op gemeenskap-, geestelike en verkose en tradisionele leiers gedoen om die regte boodskappe oor die immuniseringsveldtog te versprei wat vasgestel is deur voldoende mediese en wetenskaplike prosedures wat die ministerie streng volg.
“Soos ons herhaaldelik gesê het, ons nasionale reaksie tot Covid word gelei deur wetenskap. Ons sal nooit iets doen wat skade aan Namibiërs doen nie.”
Waninligting en die verspreiding daarvan stel volgens die minister ook roetine-immuniserings in gevaar wat oor jare die lewens van miljoene mense gered het.
“Waninligting oor immunisering ondermyn en wis openbare vertroue in openbare gesondheidsdienste uit. Dit lei tot onnodige en voorkombare lyding en sterftes.”
Danksy entstowwe, sê Shangula, is meer as 18 miljoen mense teen polio ingeënt en is vandag produktiewe lede van hul gemeenskappe en dra by tot die ontwikkeling van lande en die wêreld. Namibië is een van die lande wat polio deur middel van massa-immunisering kon uitwis.
“Covid-19-entstowwe is een van die mees belangrike middele tot ons beskikking om die pandemie onder beheer in Namibië en ook die res van die wêreld te bring.”
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se verteenwoordiger in Namibië, dr. Charles Sagoe-Moses, het op sy beurt gesê Namibië – met 'n sterftekoers van 1,5% – is een van agt lande in die WHO Afrikastreek wat verantwoordelik is vir 82% van Covid-19-sterftes.
“Dit is uiters kommerwekkend en daarom moet ons ons pogings verdubbel om die opname van entstowwe te verhoog. Een van die doeltreffendste ingrypings om sterftes te verminder, is inenting,” het hy gesê.
Sagoe-Moses sê tot op hede is 28 miljoen verskillende dosisse entstowwe in Afrika toegedien wat minder as twee dosisse per 100 inwoners in Afrika verteenwoordig.
Afrika het entstowwe vir minder as 1% van die vasteland se bevolking. Namibië het nog net 67 593 dosisse toegedien wat 34% verteenwoordig van die totale entstowwe wat die land ontvang het en net 2,7% van die land se bevolking.
Hy het beklemtoon die mening en voorbeeld van geestelike leiers dra groot gewig.
“Ons het die ondersteuning van die geestelike gemeenskap nodig om hande te vat met die regering om die opname van Covid-entstowwe te bevorder as 'n lewensreddende maatreël vir jouself en jou geliefdes.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie