Bekende afstigter sterf in Botswana
'n OUDPOLmKUS wat in 1998 een van verskeie prominente leiers was om saam met die uitgeweke mnr. Mishake Muyongo uit die Caprivi pad te gee, het op 62-jarige ouderdom in Botswana gesterl. Mnr. Muyongo het Woensdag uit Denemarke gese dat mnr. Francis Sizimbo in werklikheid al op 13 September verlede jaar oorlede is. Sy heengaan is egter eers op Nuwejaarsdag op die webwerfvan die verbande Verenigde Demokratiese Party (UDP) van mnr. Muyongo aangekondig.
Mnr. Sizimbo, 'n voormalige streekraadlid vir Linyanti in die Mafwe-hartland en lid van die Nasionale Raad, was die "waarnemende sekretaris vir buitelandse sake" van die UDP in ballingskap. "Ons is in die vryheidstryd-treinwat na Katima Mulilo op pad is," skryf mnr. Muyongo in 'n afskeidsgroet aan mnr. Sizimbo. "Dit is ongelukkig dat party van die beste bestuurders dit (die trein) verlaat voor die finale bestemming, wat soos sake staan in sig is."
Die omstrede mnr. Muyongo het mense in sy Nuwejaarsboodskap vir 2008 opnuut opgerui om bankvas agter die ideaal te staan om 'n onafhanklike land van die Caprivi te maak. Die verhoor van 117 oorblywende beweerde afstigters wat verdink word van wisselende grade van betrokkenheid by die komplot om die Caprivi in 1999 met geweld van die res van Namibie te probeer afstig, hervat op 21 Januarie in 'n spesiale Hoerhof'by die Sentrale Gevangenis in Windhoek.
Adjunkaanklaer-generaal Herman January het laat verledejaar die hoop uitgespreek dat die staat vanjaar hul saak in hierdie verraadverhoor sal kansluit. 'n Totaal van 14 verhoorafwagtendes in die saak het reeds sedert 1999 in aanhouding gesterf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie