Bekende Dieter Voigts sterf
Mnr. Dieter Voigts van die bekende Voigts-familie is Dinsdag op die ouderdom van 82 op Swakopmund oorlede. Die Voigts-familie is bekend vir die groot- en kleinhandelaar Wecke & Voigts wat in 1892 gestig is. In 1964, nadat hy sy opleiding in Europa voltooi het, was hy die derde geslag wat die familie-onderneming bestuur het. Aan die begin van die 1970’s was hy by die ontwikkeling van die Gustav-Voigts-inkoopsentrum betrokke. Hy was ook verskeie jare op die destydse Eerste Nasionale Bank se toesighoudende raad. In 2016 het sy seun, mnr. Robert Voigts, die leisels oorgeneem en het Dieter die voorsitter van die raad geword. Hy laat sy vrou en twee kinders agter. Foto Argief
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie