Bekende in onderwyskringe oorlede

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die alombekende skoolhoof, boer, politikus en skrywer, mnr. Ernst Theodore (E.T.) Meyer is vanoggend in die ouderdom van 95 in die Eros Manor-aftreeoord in Windhoek in sy slaap oorlede.
Uit sy pen het drie bundels kortverhale, Die vlieënde Owambo, Waar's my tande? en Tussen krokodille en Kavangovroue, verskyn en hy gee 'n interessante, humoristiese terugblik na gebeurtenisse en eie belewenisse van toeka se dae.
Hy word deur sy vrou Lettie (93), twee dogters, twee kleindogters en een agterkleinseun oorleef. Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. Lees die volledige berig in môre se Republikein.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer