Bekende landbouman van Mariental gegroet
Die gedenkdiens van wyle Johan Kirsten (88), wat diep spore in die landboubedryf en veral die destydse karakoelbedryf getrap het, sal op Saterdag 29 Januarie om 11:00 in die NG Kerk, De Aar Noord, plaasvind.
Dit volg nadat hy op 2 Desember verlede jaar in Bloemfontein oorlede is nadat hy ‘n groot operasie moes ondergaan.
Kirsten, wat op Mariental gebore is en in Windhoek gematrikuleer het, was voorheen ‘n assistentdirekteur in die departement van landbou in Suid-Afrika.
Min mense is bewus van sy besonderse loopbaan en sy betrokkenheid by landbou. Kirsten het ná matriek by die Universiteit Pretoria gaan studeer waar hy eers ‘n BSc-graad in veeteelt verwerf het en daarna ook ‘n MSc-graad in skaapteelt en woltegnologie.
In 1959 word hy by die destydse Vleisraad in Pretoria as vakkundige beampte aangestel en in 1967 word hy na die Karakoelraad verplaas. In 1984 is hy binne die departement landbou tot assistentdirekteur vir veeteelt vir die sentrale Karoostreek bevorder, met sy kantoor op Beaufort-Wes.
Tydens sy loopbaan het Kirsten verskeie oorsese toere onderneem en hy het, saam met ander wetenskaplikes, vier navorsingsartikels die lig laat sien.
Uit sy eie pen skryf hy 11 gewilde wetenskaplike artikels, hoofsaaklik oor die destydse karakoelskape, terwyl hy ook lid was van verskeie landbou- en diereproduksieverenigings in Suid-Afrika.
Hy is in 1958 met nog ‘n Windhoeker, me. Welchie Vlok, getroud. Hulle het twee kinders gehad, Christo en Liana. Ten tyde van sy heengaan het hy vyf kleinkinders en een agterkleinkind gehad.
Met sy aftrede het hy en sy gesin na De Aar verhuis.
Boodskappe van meegevoel kan per WhatsApp na +27 84 800 5862 gestuur word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie