Bekende oogdokter kom
Henriette Lamprecht
Dr. James Aquavella, die dokter wat klein Mariana Grobler van Windhoek se lewe verander het, besoek Namibië later vandeesmaand.
Dr. Aquavella, 'n professor in oogheelkunde van die Flaum Ooginstituut in Amerika, het in September en Oktober verlede jaar twee suksesvolle kornea-inplantings op Mariana uitgevoer.
Sy is met 'n rare siekte, bekend as “wit kornea” gebore, maar het nou 20/20-visie in albei oë.
Dr. Aquavella sal kyk hoe Mariana vorder en 'n bespreking hou oor die delikate prosedure wat uitgevoer is, asook die sorg wat ná so 'n operasie nodig is.
Hy sal ook die Boston Keratoprostese (KPro) bespreek wat in die toekoms vir Namibiërs beskikbaar sal wees.
Die KPro is die kunsmatige kornea of keratoprostese wat die meeste gebruik word.
Dit is 'n behandelingsopsie vir korneasiektes waar standaard indringende keratoplastie (PKP) of 'n korneale oorplanting nie gedoen kan word nie.
Dr. Aquavella het in die sestigerjare sy praktyk in Rochester oopgemaak as 'n spesialis in kornea- en uitwendige oogsiektes.
Hy is vandag nog 'n leier op die gebied van kliniese praktyk, chirurgie, onderrig en navorsing. Aquavella is die stigter en voormalige president van die Kornea-stigting, 'n direkteur van die Oogbank-vereniging van Namibië, en het as 'n konsultant gedien vir die Voedsel en Medisyne Administrasie en Weefselbanke Internasionaal.
As voormalige president van die Kontaklens-vereniging van Oftalmologie, is hy bekend vir sy werk in die ontwikkeling van die terapeutiese kontaklens en die kollageen-skild.
Hy word internasionaal erken as dosent, handboekskrywer en navorser met meer as 350 publikasies.
Sy huidige belangstellings sluit onder meer die genesing van korneawonde en keratoprostese in.
Dr. Aquavella lewer op 22 Februarie 'n praatjie by die Universiteit van Namibië se mediese skool oor keratoprostese.
Dit begin om 16:00 en duur sowat 'n uur.
Hy beplan om tydens sy besoek aan Namibië ook 'n besoek aan die Môreson Skool in Khomasdal te bring.
Vir enige navrae, kontak me. Susan Grobler by 081 260 0670 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie