Bekende Otavi-boer sterf ná sy vliegtuig neerstort
Ronelle Rademeyer - In ‘n tragiese nadraai van die verwoestende veldbrande wat steeds wes van Otavi in die rigting van Outjo woed, is ‘n bekende boer van die omgewing laat Vrydagmiddag baie ernstig beseer toe sy Cessna 172, registrasienommer V5-MPL, kort ná opstyging op die plaas Zuchof-Wes geval het.
Mnr. Chris Coetzee het vroeg Saterdagoggend in ‘n Windhoekse hospitaal aan sy beserings beswyk. Hy is eers per ambulans na Otjiwarongo Mediclinic geneem is waar hy gestabiliseer is, voordat hy Vrydagnag na Windhoek afgevoer is. Hy was in sy laat sestigs.
Mnr. Oskar Plichta, ‘n ondersoeker by die direktoraat vir vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, het die voorval bevestig. Hy is tans op die toneel.
Volgens Plichta het Coetzee op dié plaas van hom geland terwyl hy die gebied verken het om te sien waar dit oral brand. “Dit brand oral. Jy moet dit sien om te glo hoe erg dit is,” sê hy.
Coetzee het opgestyg nadat hy met sy werknemers gepraat het wat met ‘n voertuig nog water by die opstal kom haal het. Met opstyging het hy beheer oor die vliegtuig verloor en dit het neus eerste die grond getref, sowat 100 m van die opstal af, sê Plichta.
Dit het omstreeks sesuur Vrydagmiddag gebeur.
“Hy was aanvanklik bewusteloos, maar het bygekom nadat hy uit die vliegtuig gehaal is. Hy het egter nie veel gepraat nie,” sê Plichta.
Sy vrou, Emmerentia (Emmie), is ‘n apteker met apteke op Otjiwarongo en op Swakopmund. Hy het dikwels tussen die plaas en Swakopmund gevlieg.
Foto's: Verskaf en Facebook

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie