Bekende oud-Windhoeker sterf op 98
Bekende oud-Windhoeker sterf op 98

Bekende oud-Windhoeker sterf op 98

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die 98-jarige me. Zenobia Spies (nèe Terblanche), ’n Windhoeker wat in die laat veertigerjare van die vorige eeu diep spore in verpleging in die hoofstad getrap het, is Donderdag op Bredasdorp in die Wes-Kaap dood.

Sy het in 1948 met haar loopbaan as verpleegkundige in Windhoek begin en is later tot hoofmatrone bevorder, sê haar dogter, me. Blanche Hite.

Haar man, wyle mnr. Fanie Spies, was in die sestigerjare burgemeester van Windhoek.

“Behalwe vir haar verpliginge as burgemeestersvrou, was my ma bekend vir die mooiste tuin in Uhlandstraat asook vir haar blomme rangskikkings.

“Sy het saam met my pa 'n paar palmbome in die Zoo Park geplant,” sê Hite.

“Zenobiastraat in Ludwigsdorf (wat intussen ’n naamsverandering ondergaan het), was na my ma vernoem.”

Spies het in 1994 Kaap toe verhuis ná die dood van haar man.

Sy laat benewens Hite, ook haar dogters mee. Cecilia Terblanche en Zephnê Feldmann, asook ses kleinkinders en 13 agterkleinkinders agter.

Spies word Saterdag om 15:00 op Oudtshoorn begrawe.
[email protected]

FOTO
Wyle me. Zenobia Spies (98). Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° #REF! #REF!