Bekende spelers skud die roes af
Rugby
Andrew Poolman – Daar was bitter min toeskouers by wat in alle waarskynlikheid die enigste senior rugbywedstryd vir die ganse 2020 in Namibië was of sal wees.
Die Namibië Rugby-unie en klubs het vroeg dié seisoen skaars tyd gehad om nuwe afrigters aan te stel, voordat die coronavirus hom kom tuismaak het.
Was dit nie vir skole-administrateurs wat deurgedruk en 'n paar skolewedstryde gereël het nie, sou laas Vrydag se Oudskoliere-stryd tussen Windhoek Gimnasium en Windhoek Hoërskool ook nie gebeur het nie.
Selfs sonder professionele sterre soos Divan Rossouw (Gimnasium se oudheelagter, nou by Goue Leeus), Janco Venter (losvoorspeler, WHS en Saracens) en talle ander, het die spanlyste verskeie bekendes bevat.
Vyf lede van Namibië se 2019 Wêreldbekergroep was in aksie, naamlik WHS se flanke Prince !Gaoseb en Max Katjijeko, teen Gimnasium se Justin Newman (senter), Cliven Loubser (losskakel) en Johan Retief (agtsteman).
Toe die eindfluitjie ná 60 minute blaas, het die telbord op 36-22 in WHS se guns bly staan.
“Dit was heerlik om weer bymekaar te kom en die gesigte te sien en om agterna met al die hokkie- en netbalmense te kon saamkuier,” vertel Johan Retief, wat in Potchefstroom studeer en by die Luiperds gekontrakteer is.
Namibië se afrigter, mnr. Johan Diergaardt, was ook daar. “Daar was nie rêrig iets besonders te sien nie. Die manne is uit die aard van omstandighede baie onfiks, of seker nie wedstrydgereed nie. Dit was meer die ligter, vinnige manne (soos heelagter AJ Zaahl, twee drieë) wat goed gevaar het. Hier en daar kon jy kwaliteit sien.”
Jaco Engels, oudafrigter van Gim, is tuis met vakansie voor hy volgende maand sy Russiese klub terugkeer. Volgens Engels het al vier losskakels – WHS se Chris Arries en Delron Brandt (twee drieë), asook Gimnasium se Loubser en Denzo Bruwer – hul talent behoorlik uitgestal, terwyl die Ludick-broers as slotpaar en toetsspelers uitgestaan het.
“WHS se agterlyn het goed beweeg en twee onderskepdrieë teen die verloop van spel het hulle 'n groot voorsprong besorg. Die Gimmies het mekaar eers bietjie laat begin vind om hul terugvegpoging suksesvol te maak.”
Mnr. Jan Augustyn van WHS sê: “Die gees was wonderlik en dit was 'n hoendervleis belewenis. Fiksheid het ons ingehaal, maar gelukkig is 'n rollende reserwebank gebruik. Chris Arries was weer koelkop soos van ouds.”
Die twee groepe was:
WHS OUDSKOLIERE:
(voorspelers) Dean Blom, Dawie Cloete, Dewald Coetzee, Edmando Coetzee, Kyle Ducie, Prince !Gaoseb, Roy Grobbelaar, Max Katjijeko, Bigman Kaura, Stefano Labuschagne, JD Nel, Gerhard Thirion, Shaun van Wyk, Driaan Vorster; (agterspelers): Chris Arries, Elmarco Beukes, Ethan Beukes, Delron Brand, David Henning Warren Ludwig, Damian Muller, Denver Murorua, Gerrit Stoman, Jacques Theron, Bredell Wessels, AJ Zaahl. Afrigters: Riaan Steyn, Jan Augustyn, Wander Augustyn.
GIMNASIUM OUDSKOLIERE:
15 Jamie Joseph, 14 Leon Feris, 13 Malcolm Moore, 12 Justin Newman, 11 Henrico Aucamp, 10 PJ Singaram, 9 Rudi Pretorius, 8 MC Jacobie, 7 Johan Retief, 6 Robert Izaks, 5 Adriaan Ludick, 4 Ruan (Skroef) Ludick, 3 Gerhard Opperman, 2 Lian Mostert, 1 Adriaan Vermeulen. Plaasvervangers: Cody la Cock, Wiks Tromp, Cliven Loubser, Desmond Stramis, Michael Thuynsma, Izanco van Niekerk, Denzo Bruwer, Xico Coetzee. Afrigter Le Beau du Preez senior.
FOTO
In die WHS-kleedkamer word ’n welverdiende bier oopgeknak. Van links is Denver Murorua, Max Katjijeko, Chris Arries en Prince !Gaoseb. Foto Jan Augustyn

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie