Bekende sterf ná motorfiets sandhoop tref
Ronelle Rademeyer – ’n Bekende in die bankwese en motorfietskringe, mnr. Skip Scheepers (52), is Sondag dood nadat hy Vrydagaand in ’n swak beligte Rugbystraat in Olympia met sy motorfiets ’n sandwal by ongemerkte padwerke getref en etlike meter deur die lug getrek het.
Hy het ernstige beserings opgedoen.
Scheepers, ’n sagteware-ontwikkelaar by die Capricorn-groep, het saam met vriende by die Old Wheelers-klub gekuier. Hulle is seweuur huis toe en die vermoede is dat hy kort daarna vertrek het. Sy vrou, Suzette (56), sê paramedici is halfagt ontbied toe iemand die ongeluk aangemeld het.
Foto's wat geneem is toe Republikein die toneel besoek het, toon hoe ’n reusegat in die reëntyd langs die straat gevorm het waar stormwaterpype uitmond. Twee groot hope sand lê aan die linkerkant in die straat.
Volgens 'n vriend van Scheepers was daar penne ingeslaan en ’n rooi-en-wit band om die hope sand gespan om motoriste op die gevaar te wys. Die penne is glo verwyder deur mense wat skrootmetaal versamel.
Die vriend, wat anoniem wil bly, sê die munisipaliteit het eers Saterdag ná die ongeluk weer padtekens aangebring om motoriste te maan daar word aan die pad gewerk.
Hy sê verder die straat is saans swak belig en die sandhope is nie in die donker sigbaar nie.
Scheepers het gister gesê dit dui op nalatigheid van die kant van die munisipaliteit, wat moes besef het die sandhope en reusegat langs die straat hou ’n gevaar vir padgebruikers in en dit behoorlik moes afgesper het.
Hy laat benewens sy vrou, ook sy dogter uit ’n vorige huwelik, Christine Scheepers (21), en haar drie kinders uit ’n vorige huwelik, Chrisjan Mouton (29), Yvette Verburg (26) en Renier Mouton (23), agter.
Sy sê die begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.
– [email protected]
FOTO’s
Die padtekens is volgens 'n bron eers Saterdag ná die ongeluk aangebring.
Die reusegat aan Rugbystraat het glo in die reëntyd gevorm waar stormwaterpype onder deur die pad loop. Mnr. Skip Scheepers het die hoop grond aan die regterkant getref, waarna sy motorfiets deur die lug getrek het. Foto's Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie