Bekende Windhoeker voor vir koperkabel-diefstal
Bekende Windhoeker voor vir koperkabel-diefstal

Bekende Windhoeker voor vir koperkabel-diefstal

Augetto Graig
Augetto Graig - Die bekende Windhoekse skroothandelaar, mnr. Ettienne Johan Weakley, is vanoggend (Disndag) in die Windhoekse landdroshof borgtog van N$10 000 toegestaan.
Hy word beskuldig van die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels. Dit word vermoed die N$31 660 se kabels wat by sy onderneming, Scrap Salvage, gevind is, is afkomstig van kabeldiefstalle wat Telecom Namibie se dienste van die begin van die jaar af lamlê.
Weakley is in 2005 onskuldig gevind op klagte van bedrog en die diefstal van Telecom-koperkabels, hoewel Dresselhaus Scrap waarvan hy 'n vennoot was, uiteindelik miljoene Namibiese dollar aan Telecom terug betaal het.
Die saak waarop hy vandag voorgekom het, sal op 18 Mei voor landdros Vanessa Stanley voortgaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!